Thursday

Dinsdag 31 Mei 2011


Fernando soos in Pessoa (weer)
Einde van die maand, einde van die 1ste 'afdeling' van my teks. Colette se Portugese reisjoernaal was bitter moeilik om te begin, maar toe ek eers aan die gang kom, het ek net saam met die woordstroom probeer dryf om die spontaniteit van 'n eerstepersoonvertelling te behou. 'Spontaniteit' in 'n teks beteken natuurlik nie dat jy werklik alles neerskryf wat in jou kop opkom nie. If only. Literêre 'spontaniteit' is blerrie harde werk. Ek onthou altyd wat Herman Charles Bosman gesê het oor hoe moeilik dit is 'to make it seem seamless'.

Nou moet ek begin met Fernanda se lewe. Dalk gaan ek haar voorlopig liewers Nandi noem, sodat die leser nie so aanhoudend daaraan herinner word dat sy 'Fernando soos in Pessoa' se naam gekry het nie. Ek's ook nog nie seker of ek aan die einde van die 1ste afdeling dalk te veel weggee oor Colette se swangerskap nie. Maar die laaste paragraaf van die 1ste afdeling kan maklik later verander word. Wil nie nou al Deel 1 herlees nie, dan begin ek weer met my kompulsiewe herskrywery. Belangriker dat ek aan die gang kom met Deel 2. Vroeë 60s, uiteindelik darem ná my eie geboorte, joegaai!

No comments:

Post a Comment