Thursday

Donderdag 23 Junie 2011


Die 'toets' in Amsterdam het bo verwagting goed gewerk. Komplimente en aanmoediging van dieGroot Kanonne saam met my op die verhoog (Breyten en Etienne) asook heelwat positiewe kommentaar uit die gehoor. 

Nou moet my lewe net weer rustig word sodat ek verder aan hierdie teks kan skryf, maar rustigheid begin al hoe meer soos 'n onmoontlike droom voel. Met my terugkoms uit Amsterdam moes ek dringend almal se klere was en kos koop en ernstig huis skoonmaak, en toe breek my kar en diĆ© moet dringend herstel word, en nou wag die resensie oor The Tiger's Wife wat ek vir Elmarie belowe het. Saam met 'n immer groeiende lys van agterstallige korrespondensie. 

Wat ek nodig het, as ek hierdie boek vroeg volgende jaar wil klaarkry, is 'n huishoudster, 'n sekretarese, 'n kok, 'n chauffeur... Wat nog? 'n Doodgewone outydse 'wife' wat al daai dinge kan doen, sonder betaling boonop, dis waarskynlik wat ek meer as enigiets anders nodig het. 

No comments:

Post a Comment