Thursday

Sondag 17 Julie 2011 (Brussel)


Nog reën, nog koue. What was I thinking toe ek my tassie vol somerklere gepak het? 


Reën, reën, reën in Brussel
Ek het nog niks verder aan my storie geskryf nie, maar in my kop werk ek aanmekaar daaraan. Nandi se hele jeuglewe is teen dié tyd uitgeplot tot waar sy swanger raak en uit SA padgee. More op die lang pad terug na ons huis in die suide sal ek weer baie tyd kry om verder te dink – veral aangesien Mia die babbelbek nie saam met ons in die motor gaan wees nie. Sy kuier nog 'n bietjie langer by die skoonfamilie in die noorde. Salige stilte, kosbare dinktyd.

Ek wroeg en wonder al hoe meer oor Nandi se latere lewe, die deel wat eers in Deel 3 openbaar gaan word. Sy moet doodgaan, dit word vir my al hoe meer onvermydelik, maar hoe, waar, wanneer??? Dis natuurlik nie nodig om nou al die besonderhede uit te werk nie. Soos my Angolees-Portugese skrywersvriend Agualusa altyd sê, die rede hoekom ons skryf, is tog om die einde te leer ken. Maar die nuuskierigheid vreet my op.

No comments:

Post a Comment