Thursday

Woensdag 20 Julie 2011

Nog nie eens 'n volle 2 dae terug by die huis nie en vanaand kry ons weer gaste en more kom Tom, Yann en Juliette tot Maandag oorslaap en oormore kom Irna en Bridget uit die Kaap vir 2 nagte en volgende week bring Alain se ouers en suster vir Mia terug uit die noorde en dan sal hulle ook 'n paar nagte oorbly. 

Goeie genugtig, my sosiale lewe begin klink soos Henry James s'n. As ek net Henry James se selfdissipline gehad het om elke oggend 'n stuk te skryf, maak nie saak hoeveel gaste daar in sy huis was nie. Maar nou ja, hy het 'n sekretaresse gehad en 'n huishoudster en 'n kok en iemand wat die tuin behartig en wie weet wat nog alles. Wat 'n plesier moet dit nie wees nie.

Maar ek is vasbeslote om minstens 'n paar paragrawe aan die volgende hfstk (1969) geskryf te kry voordat Annemarie en haar Hollandse Jaap oor 2 uur opdaag vir aandete. Haal diep asem, 1, 2, 3, NOU!




No comments:

Post a Comment