Wednesday

Woensdag 24 Oktober 2012

Die blou boek is op die rak, ondanks die stakings wat alles vertraag het, die blou bemarkingstoer het voorspoedig verloop, en my blou blog is op internet beskikbaar. Oop en bloot vir almal om die storie agter die storie te lees. Ek verstaan nie waarom sommige van die foto's wat ek gepos het, 'verdwyn' het nie. Seker iets wat opgelos kan word, maar ek het nie nou die krag daarvoor nie. Wil nou eers groet, wegkom van die kleur blou, swig voor iets rustiger soos wit. Wit soos stilte en slaap, wit soos drome en dink, wit soos die winter wat aan die kom is, wit soos leƫ bladsye wat met woorde gevul moet word... Die wit van wegraak, dis waarna ek nou verlang.