Vol nuwe moed en begeestering ná Kimberley en Stbosch, daardie broodnodige kontak met ander skrywers en lesers en boekmense, sjoe, dit het op presies die regte oomblik gekom. Intussen ook my nuwe titel op my Facebook-groep se muur getoets – en die reaksie is oorweldigend juigend en jubelend ja, ja, ja!
As jy meer wil weet oor die swaarkry en die lekkerkry agter die klaarkry van 'n roman, lees Marita van der Vyver se joernaal oor die skryfproses van 'Die blou van onthou'. Vir die volle storie kan jy ondertoe duik tot by Maart 2011 en dan so lees-lees terug boontoe swem...
Thursday
Dinsdag 13 Maart 2012 (Kaapstad)
Laaste aand van literêre dinge gisteraand toe die wenner van Tafelberg se groot romanwedstryd in Kalkbaai aangekondig is. Laaste oggend van luilekker kuier in
Maré se kombuis voordat ek terugvlieg om die laaste skof van my ms
aan te pak.
Vol nuwe moed en begeestering ná Kimberley en Stbosch, daardie broodnodige kontak met ander skrywers en lesers en boekmense, sjoe, dit het op presies die regte oomblik gekom. Intussen ook my nuwe titel op my Facebook-groep se muur getoets – en die reaksie is oorweldigend juigend en jubelend ja, ja, ja!
Vol nuwe moed en begeestering ná Kimberley en Stbosch, daardie broodnodige kontak met ander skrywers en lesers en boekmense, sjoe, dit het op presies die regte oomblik gekom. Intussen ook my nuwe titel op my Facebook-groep se muur getoets – en die reaksie is oorweldigend juigend en jubelend ja, ja, ja!
Vrydag 9 Maart 2012 (Stellenbosch)
| 'n Drukkie van my buiteleser Petra |
| As Petra praat, luister jy... |
En toe sak die titel
soos 'n Bybelse duif op my neer terwyl ek na 'n groep digters by die
Woordfees sit en luister. Louis Esterhuizen het gepraat oor die skep
van akwarelle, en iets gesê soos: die verf wat op die papier agterbly
nadat die water opgedroog het, is die water se geheue. En dit was vir
my so 'n lieflike beeld dat ek skoon dromerig geraak het. En toe dink
ek aan geheue en aan onthou en aan my storie se titel, aan die blou
azulejos
in die storie en aan fado
en saudade
en daardie 'liefde wat bly' nadat die onderwerp verdwyn het. En toe
kry ek dit: Die blou van onthou.
Toe ek vanmiddag saam met
Riana en Laura (wat die omslag moet ontwerp) 'n drankie drink, het ek
dit met my hart in my keel op hulle getoets. En hulle het ook dadelik
saamgestem, ditsem, ons hét dit. Daarmee kan Laura 'n blou omslag
skep om oor te droom.
Woensdag 7 Maart 2012 (Stellenbosch)
| Radio-onderhoud by Woordfees |
Saterdag 3 Maart 2012 (Kimberley)
Ja, Verwoerd se moord sal dit wees. Besluit dis die uittreksel wat ek volgende week by die Woordfees gaan lees. So kom ons om so kom ons om.
Hier in Kimberley by die Northern Cape Writers Congress het ek heerlik met die ander skrywers gekuier en gisteraand askoek geëet en die riel leer dans. What next?
Woensdag 29 Februarie 2012
Maar met dié
dat ek nou taamlik aan die affêre getorring het, is ek onseker oor
wát om voor te lees. Is nogal lus vir 'n stukkie uit 1966, teen die
agtergrond van Verwoerd se moord, maar dis ook een van die hfstke wat
ek heelwat verander het die afgelope week, en ek wil nie iets lees
wat verder vorentoe nog verder sal verander nie. Die hele punt is tog
om vir die gehoor 'n voorsmakie van die boek te gee en om hulle
reaksie op hierdie voorsmaak te toets. So ek weet nie, ek weet rêrig
nie, ek kan maar net hoop die dae wat kom, sal helderheid bring.
Woensdag 22 Februarie 2012
O hel, o hel, o
hel. Hoe sal ek dit nou stel. Van pure paniek begin ek sommer rym.
Wel, kom ons begin by die goeie nuus. Die goeie nuus is dat al 4
buitelesers dié keer saamstem in hulle kritiek. Die slegte nuus is
dat hulle saamstem dat die eerste deel van my ms nog nie werk nie.
Dat ek nie vir die leser genoeg aas gee om aan te byt nie, dat ek nie
die storie duidelik genoeg deur Colette se oë vertel nie, dat ek
ontslae moet raak van my 'alwetende verteller' wat soms voorspellings
oor die toekoms maak, ens, ens.
My eerste
reaksie was om 'n vloermoer te gooi en myself bitter jammer te kry,
maar ek het dit weerstaan. Ek het al 4 die lesersverslae deeglik
bepeins, doen dit nou al 48 uur lank, en ek begin weer 'n bietjie lig
voor in die tonnel sien. Ék hóéf nie die hele storie oor te skryf
nie. Almal stem saam dat dit 'n aangrypende storie is, dat al die
elemente reeds dáár is, dat ek dit net op 'n ander manier moet
aanbied. Wat darem seker ook as goeie nuus beskou kan word?
Môre durf ek
dus die amptelike tweede weergawe aan. Ek het 'n week tyd voordat ek
SA toe vlieg vir Kimberley se skrywersfees en die Stellenbosse
Woordfees. As ek dag en nag werk, kan ek 'n hersiene ms saamneem na
SA. Weet ek sal nie tyd kry om te skryf terwyl ek daar is nie, maar
ek sal dalk tyd kry om die ms te lees, of in elk geval daaraan te
dink. En dan sal ek hopelik gereed wees om die derde weergawe aan te
pak sodra ek in middel Maart terug by die huis is – en dit teen
einde Maart weer na my redakteur te stuur?
Ek wil dit so
gou as moontlik afhandel, nie net omdat ek die vertaler genoeg tyd
wil gee vir die moeilike vertaaltaak nie, maar ook omdat al die
voorstelle vir verbetering nog vars in my kop is, omdat die hele
ms nog vars is, die karakters, die storielyn, niks het nog vervaag
nie. As jy 'n ry steke laat val terwyl jy brei, moet jy dadelik
die steke optel en oorbrei, anders sit jy met 'n gat wat net al hoe
groter gaan word. Dis hoe ek nou daaraan dink. Weet nie hoekom ek so
gepla is met brei-metafore nie. Die enigste breier in my storie is
Sina. En ons sien haar eintlik net een keer reg tee die einde brei.
Saterdag 18 Februarie 2012
Tweede
salige 'vry' naweek in 'n ry. Vry van die verdomde ms, bedoel ek nou,
nie nodig om heeltyd daaroor te wroeg soos die laaste maand terwyl ek
daaraan gewerk het nie, vry om op 'n Saterdagoggend laat in die bed
te lê en tydskrifte te lees, mark toe te gaan en koffie by 'n
sypaadjietafel te drink (die 1ste dag in 3 weke dat die wind nie waai
nie, wat 'n vreugde), TV te kyk en José Saramago se The
Year of the Death of Ricardo Reis klaar
te lees. Selfs 'n slag skons gebak vir laatmiddagtee!
En tog
bly ek benoud, want ek wag steeds op die buitelesers se oordeel. Sê
nou nie een van hulle hou genoeg daarvan om darem net so 'n sprankie opgewondenheid te wys nie? Ek hét vir kritiek gevra, ja, liewers nóú
kwaai kritiek as wanneer die boek klaar gepubliseer is, maar wat ek
eintlik vreeslik graag sou wou hê, is hierdie stadium van die
wedstryd, is juigende aanmoediging. Soos 'n moeë marathonatleet wat
die eindstreep nader, dis hoe ek al hoe meer voel, en al wat my nog die krag kan gee vir die laaste skof, is 'n bietjie applous van
die kantlyn af.
Subscribe to:
Posts (Atom)