En tog
bly ek benoud, want ek wag steeds op die buitelesers se oordeel. Sê
nou nie een van hulle hou genoeg daarvan om darem net so 'n sprankie opgewondenheid te wys nie? Ek hét vir kritiek gevra, ja, liewers nóú
kwaai kritiek as wanneer die boek klaar gepubliseer is, maar wat ek
eintlik vreeslik graag sou wou hê, is hierdie stadium van die
wedstryd, is juigende aanmoediging. Soos 'n moeë marathonatleet wat
die eindstreep nader, dis hoe ek al hoe meer voel, en al wat my nog die krag kan gee vir die laaste skof, is 'n bietjie applous van
die kantlyn af.
As jy meer wil weet oor die swaarkry en die lekkerkry agter die klaarkry van 'n roman, lees Marita van der Vyver se joernaal oor die skryfproses van 'Die blou van onthou'. Vir die volle storie kan jy ondertoe duik tot by Maart 2011 en dan so lees-lees terug boontoe swem...
Thursday
Saterdag 18 Februarie 2012
Tweede
salige 'vry' naweek in 'n ry. Vry van die verdomde ms, bedoel ek nou,
nie nodig om heeltyd daaroor te wroeg soos die laaste maand terwyl ek
daaraan gewerk het nie, vry om op 'n Saterdagoggend laat in die bed
te lê en tydskrifte te lees, mark toe te gaan en koffie by 'n
sypaadjietafel te drink (die 1ste dag in 3 weke dat die wind nie waai
nie, wat 'n vreugde), TV te kyk en José Saramago se The
Year of the Death of Ricardo Reis klaar
te lees. Selfs 'n slag skons gebak vir laatmiddagtee!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment