Nog
reën, nog koue. What was
I
thinking toe ek my tassie vol somerklere gepak het?
Ek het nog niks
verder aan my storie geskryf nie, maar in my kop werk ek aanmekaar
daaraan. Nandi se hele jeuglewe is teen dié tyd uitgeplot tot waar
sy swanger raak en uit SA padgee. More op die lang pad terug na ons
huis in die suide sal ek weer baie tyd kry om verder te dink –
veral aangesien Mia die babbelbek nie saam met ons in die motor gaan
wees nie. Sy kuier nog 'n bietjie langer by die skoonfamilie in die
noorde. Salige stilte, kosbare dinktyd.
Reën, reën, reën in Brussel |
Ek
wroeg en wonder al hoe meer oor Nandi se latere lewe, die deel wat
eers in Deel 3 openbaar gaan word. Sy moet doodgaan, dit word vir
my al hoe meer onvermydelik, maar hoe, waar, wanneer??? Dis natuurlik
nie nodig om nou al die besonderhede uit te werk nie. Soos my
Angolees-Portugese skrywersvriend Agualusa altyd sê, die rede hoekom
ons skryf, is tog om die einde te leer ken. Maar die nuuskierigheid
vreet my op.
No comments:
Post a Comment