Gister
het ek 1977 se hfstk volledig geplot, nou moet ek dit net neerskryf.
'Net neerskryf', ha! Ek raak al hoe banger hoe verder die teks
vorder. Miskien is dit hoekom ek onbewustelik verskonings begin soek
om breaks te vat en die skrywery uit te stel. Kom by a point of no
return in die ms, kan nie meer omdraai nie, al wat nou oorbly, is
deurdruk einde toe.
Die begin van enige storie is altyd so heerlik, alles is mos moontlik, jy kan enige pad kies, en dan word die hekke een vir een agter jou toegemaak soos jy skryf, tot jy hier teen die helfte nie meer veel van 'n keuse het nie. Die paadjies wat oorbly, word al hoe nouer en steiler en moeiliker. Dis waar ek nou is met hierdie ms. Klippe kou teen die opdraende uit.

No comments:
Post a Comment