Colette
in die sneeu in Hyde Park is afgehandel - oftewel die 1ste weergawe,
sal sekerlik nog weergawes wees - maar nou haak ek al 2 dae vas op
die drumpel van hfst 9, moeilikste deel tot dusver, waar ek na 'n
ek-verteller moet oorskakel, heel nuwe toon, want hier kom ons nou by
die deel uit haar dagboek wat haar dogter jare later gaan ontdek. En
as ek hierdie lewensbelangrike 3 weke in Portugal behoorlik wil
beskryf, moet ek deegliker as ooit navorsing doen. Oor Portugese
landskap, dorpe, kerke, politiek van 1960, en bowenal oor azulejos,
die geglasuurde keramiekteëls waarom alles draai. Of wat die bal aan
die rol moet kry.
Hierdie
keer het ek nie net internet gebruik nie, maar ook teruggegaan na die
dagboek wat ek in 1980 gedurende my eerste reis in Portugal gehou
het. Lekker bruikbare stukkies daarin ook gevind. Selfs 'n verwysing
na Portugese teëls, laaank voor ek geweet het ek gaan eendag 'n
storie skryf waarin Portugese teëls 'n rol speel.
|
Cannes se rooi tapyt (met Mia heel regs in die hoekie) |
Maar
nou gaan ek eers naweek hou, more saam met broer Cannes toe om hom 'n
bietjie van die befaamde Filmfees te laat belewe, en wie weet, dalk
vind ek langs die pad iets wat ek in my storie kan gebruik as ek
Maandag verder skryf. Ek's nou in die stadium waar alles begin
saamval en kliek en sinchronies word en ek voel soos 'n kraai wat al
die blink toevallighede wil oppik en nes toe bring. Of miskien moet
ek sê storie toe bring – terwyl ek aan 'n storie werk, is die
storie tog my nes?
No comments:
Post a Comment