Wat 'n vreemde maand
word dit nie. Voel soos 'n voëltjie wat uit 'n hok vrygelaat is,
verwar deur al die vryheid, hunkerend na die hok. Van begin laas jaar
af was Die blou van onthou my
'hok' – 'n lieflike blou hok, maar nogtans 'n hok – wat my
weerhou het van ander boeke lees, ander stories skryf, ander dinge
doen en dink. Nou's ek 'vry', terwyl ek wag vir die vertaling, en nie
seker wat om met soveel vryheid te maak nie.
|
Internasionale Skool, Manosque, Frankryk |
Skryf
rubrieke vir Sarie
en stories vir Rapport, tob
oor volgende boekprojek en beplan promosietoer vir Oktober, het selfs
gister met 3 klasse van die Internasionale Skool in Manosque gaan
praat oor die Engelse vertaling van Hanna
Hoekom
wat hulle vanjaar as een van vele voorgeskrewe boeke lees. So ek bly
besig, maar...
Ek bly
wagtend. Voel soos 'n swanger vrou in die negende maand. Alles is reg
maar die baba is nog nie daar nie. So 'n simpel cliché om die skryf
van 'n boek met die proses van swangerskap en geboorte gee te
vergelyk, maar dis natuurlik omdat dit so onweerstaanbaar waar voel
dat dit so 'n cliché geword het. Besef ek vanoggend weer.
No comments:
Post a Comment