Maar
Deon se selfdissipline bly 'n inspirasie. Terwyl Anita vakansie hou,
skryf hy elke dag 'n paar uur aan sy volgende boek. Ná 'n lang
gesprek met hom het ek my voorgeneem dat ek minstens my
aantekeningeboek sal saamneem na Lille en Brussel volgende week sodat
ek die storie verder kan plot terwyl ek veronderstel is om vakansie
te hou.
Klaar
met die 1ste 2 hfstke van die tweede luik – teen die agtergrond van
Verwoerd se moord in 1966 en die 1ste hartoorplanting in 1967 – en
hard aan die plot aan die volgende een. Maanlanding in 1969.
Ek moet erken ek was nogal benoud dat Nandi se karakter nie van kleins af duidelik anders sal wees as Colette s'n nie; ek bedoel as jy die wêreld deur 'n jong kind se oë bekyk, kan alles wat jy skryf so half eenders begin klink, asof dit enige jong kind is en nie 'n spesifieke jong kind nie. Maar tot my vreugde en verbasing word sy sommer dadelik 'her own person'. 'n Klein helletjie met 'n wil van haar eie. Dalk selfs sterker as haar skrywer se wil. Beslis nie die voorbeeldige dogtertjie wat Colette was nie. Sy gooi tantrums, sy's ongehoorsaam, sy luister grootmense af, sy speel verbode speletjies met die buurseun, I like her a lot.

No comments:
Post a Comment