Die aankoms van die Royal Britannia is regstreeks op TV gewys en die skare in die hawe het mal gegaan. The more things change, nè. Maar dié keer is sy darem deur 'n swart president verwelkom.
As jy meer wil weet oor die swaarkry en die lekkerkry agter die klaarkry van 'n roman, lees Marita van der Vyver se joernaal oor die skryfproses van 'Die blou van onthou'. Vir die volle storie kan jy ondertoe duik tot by Maart 2011 en dan so lees-lees terug boontoe swem...
Thursday
Woensdag 5 Oktober 2011
Oor
die naweek het ek Deel 3 geplot, in watter jaar ek elkeen van die
tiental hfstke wil plaas, min of meer wat wanneer moet gebeur, ens.
Maar ook besef ek moet terugkeer na die slothoofstuk van Deel 2, want
ek moet nog 'n stukkie info oor Nandi/Nanda se naam inwerk, asook die
feit dat sy haar ma se reisjoernaal saamneem Europa toe met die plan
om een of ander tyd haar ma se spore deur Portugal te volg. Dis
belangrik, want teen die einde van Deel 3 sal die volgende karakter,
Tina, ook met dieselfde reisjoernaal in Portugal wees, om die spore
van haar ouma én haar ma na te loop.
Intussen
lees ek ook weer my ou dagboeke en briewe, trek darem nou al by die
laat jare 90, ter voorbereiding van hierdie laaste deel wat in die
jare 80 en 90 afspeel. Tel aanmekaar lekker bruikbare brokkies op,
stukkies inligting waarvan ek lankal vergeet het, soos dat die
algemene verkiesing in 1989 in die Ou Wit SA op 6 September gehou is
– presies 23 jaar nadat Verwoerd vermoor is, now ain't that something – en dat
Menseregtedag in 1995 - 21 Mrt, om Sharpeville te gedenk, dalk die
1ste keer in die geskiedenis van die land? - ook die dag was toe koningin
Elizabeth 2 weer vir die 1ste keer sedert 1947 voet aan wal gesit het
in Kaapstad.
Die aankoms van die Royal Britannia is regstreeks op TV gewys en die skare in die hawe het mal gegaan. The more things change, nè. Maar dié keer is sy darem deur 'n swart president verwelkom.
Die aankoms van die Royal Britannia is regstreeks op TV gewys en die skare in die hawe het mal gegaan. The more things change, nè. Maar dié keer is sy darem deur 'n swart president verwelkom.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment