Laas
week het hy die vensterrame en hortjies op die onderste verdieping
afgeskuur en geverf, krake gevul en mure geverf; vandeesweek het ons
'n laaaang leer geleen sodat hy die boonste verdieping kan takel. Die
moeiliker bereikbare deel. En in my storie is ek ook nou by die
moeiliker bereikbare deel. Die Portugese reisjoernaal, die
ek-verteller, die aanhoudende gesoek op internet na feite, feite,
feite.
Maar
een of ander tyd die afgelope naweek het 'n titel by my opgekom. Tot
dusver was die werkstitel mos maar net Fragmente
of Drie
vroue,
en toe dink ek skielik aan Onthou
jy.
Sonder vraagteken, amper soos 'n bevel. Of Wat
jy onthou.
Of
in elk geval iets met die woord 'onthou', dit het daardie dubbele betekenis en klanksuggesties van die soort titel waarvan ek
die meeste hou, soos Vergenoeg
of Bestemmings.
Onthou
soos in geheue en onthou
soos in die onthouding van iets, om weg te bly van iets, of selfs
iets soos die teenoorgestelde van 'hou'. As jy nie meer van iets hou
nie, dan 'ont-hou' jy dit?
No comments:
Post a Comment