Kan nie nou verder daaroor wroeg nie, stel dit uit tot ek terugkom, gaan pak my tas klaar en vlieg New York toe en gebruik die tydjie daar om die deel van my storie wat in daardie stad afspeel meer 'werklik' te maak. Macy's en Times Square en Central Park en die (gewese) Twin Towers en wat nog alles. En te dink aan hoe nou verder...
As jy meer wil weet oor die swaarkry en die lekkerkry agter die klaarkry van 'n roman, lees Marita van der Vyver se joernaal oor die skryfproses van 'Die blou van onthou'. Vir die volle storie kan jy ondertoe duik tot by Maart 2011 en dan so lees-lees terug boontoe swem...
Thursday
Donderdag 20 Oktober 2011
Môreoggend
douvoordag vertrek ek en Mia na die VSA, waar ek beslis nie kans gaan
kry om te skryf nie, maar hopelik darem kans gaan kry om te dink aan
wat nog geskryf moet word. Intussen 'n volgende krisis by die huis
wat ek sal moet hanteer sodra ek terugkeer, Alain wat vanmiddag wéér
sy rybewys verloor het weens 'n spoedoortreding, net mooi 3 jaar ná
hy laas die rybewys teruggekry het. Hoewel 'spoed' nie heeltemal die
regte woord is vir 65kmpu nie, en hoewel die lewe vir my meer
onregverdig as gewoonlik voel want hy was 3 jaar lank die mees
pligsgetroue bestuurder in Frankryk, nooit-ooit gewáág om oor die
spoedgrens te bestuur nie, en toe's hy vanmiddag haastig om by 'n
laaste werkvergadering uit te kom voor die vakansie more begin...
Nou
sal ons vir hom 'n voertuig moet koop wat hy sonder 'n rybewys kan
bestuur, anders gaan ek weer maande/jare lank chauffeur moet speel. En
dis die lááste ding wat ek kan doen terwyl ek probeer om hierdie ms
klaar te skryf, dit gaan eenvoudig te veel tyd in beslag neem.
Maar hierdie sans
permis karretjies
kos deesdae duurder as 'n 'gewone' kar en ek weet waaragtig nie waar
ons die geld vandaan gaan kry terwyl ons nog nie ons ou huis verkoop
het nie.
Kan nie nou verder daaroor wroeg nie, stel dit uit tot ek terugkom, gaan pak my tas klaar en vlieg New York toe en gebruik die tydjie daar om die deel van my storie wat in daardie stad afspeel meer 'werklik' te maak. Macy's en Times Square en Central Park en die (gewese) Twin Towers en wat nog alles. En te dink aan hoe nou verder...
Kan nie nou verder daaroor wroeg nie, stel dit uit tot ek terugkom, gaan pak my tas klaar en vlieg New York toe en gebruik die tydjie daar om die deel van my storie wat in daardie stad afspeel meer 'werklik' te maak. Macy's en Times Square en Central Park en die (gewese) Twin Towers en wat nog alles. En te dink aan hoe nou verder...
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment