So
eenvoudig dat ek nie kan glo dit het my onderbewussyn 3 weke gekos om
daar uit te kom nie - ná verskeie ompaaie en verdwaalpaaie en
moeiliker opsies besef ek die reguit pad het heeltyd voor my gelê.
As jy meer wil weet oor die swaarkry en die lekkerkry agter die klaarkry van 'n roman, lees Marita van der Vyver se joernaal oor die skryfproses van 'Die blou van onthou'. Vir die volle storie kan jy ondertoe duik tot by Maart 2011 en dan so lees-lees terug boontoe swem...
Thursday
Woensdag 29 Junie 2011
En
skielik is dit net dáár. Die skeppende werking van die
onderbewussyn sal nooit ophou om my te fassineer nie. Nadat ek nou al
3 weke lank wroeg oor hoe ek die 2de 'luik' van my 3-luik moet begin,
was dit eensklaps gister so helder soos daglig.
Ek
het geweet die jaar moet 1966 wees, en die toneel sal iets te doen hê
met die moord op Verwoerd, maar die hoe en wie en waar kon ek net nie
agtermekaar kry nie. Eers gedink aan Verwoerd se begrafnis in
Pretoria, waar Nandi en haar ma by die skoonfamilie kuier, maar toe
besef ek gister natúúrlik moet dit in die Kaap wees, in die huis
waar Nandi se ma grootgeword het, om al daardie bekende karakters
weer 'n slag by die storie te betrek. Colette se ma en pa en broers
en Sina en Kolletjie wat ons almal laas gesien het toe sy in 1957 op
die skip Engeland toe geklim het. Dis nou amper 10 jaar later en
almal het verander (of dieselfde gebly) en nou kan ons hulle deur
Nandi se kinderlike oë bekyk en 'n vars blik op hulle kry.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment