As jy meer wil weet oor die swaarkry en die lekkerkry agter die klaarkry van 'n roman, lees Marita van der Vyver se joernaal oor die skryfproses van 'Die blou van onthou'. Vir die volle storie kan jy ondertoe duik tot by Maart 2011 en dan so lees-lees terug boontoe swem...
Thursday
Donderdag 19 Januarie 2012
Hierdie
merrie ruik vanoggend die stal. Dis wat ek gister op my Fb-groep se
muur gepos het omdat ek so amper klaar is met die laaste deel. Nou's
dit ore plat trek en galop, het ek gedog. Vannag slaap ek in die
stal. En toe raak die moeë merrie gisteraand net ná 9 aan die
slaap, nog steeds nie in die stal nie. Maar ná omtrent 10 ure se
rus, wat ek bitterlik nodig gehad het, galop ek vanoggend voort. Die
einde is klaar in my kop en selfs op papier neergeskryf, moet dit nog
net op my rekenaar getik kry...
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment