Dammit.
Ek móés net eenvoudig teruggaan na die 1ste deel van die storie.
Toe ek by die begrafnis in Deel 2 kom, het ek geweet ek móét nog 'n
hfst in Deel 1 bylas omdat dit skielik duidelik geword het dat daar
nog inligting makeer.
En
ek het ook sommer dadelik geweet wáár ek die nuwe hfstk moet bylas.
Einde van die oorlog in 1945, terugkeer van Mammie se soldatebroer -
wat ons dan eers weer by Mammie se begrafnis in 1980 in Deel 2
teëkom. Maar om hom in Deel 2 te herontmoet, moes ek hom in Deel 1
eers behoorlik by die storie inbring.
|
Victory rolls - haarstyle in die jare 40 |
Buitendien,
die sprong van 1942, wanneer Colette nog nie 10 is nie, tot 1947,
wanneer sy amper vyftien is, het my heeltyd gehinder. Die gaping is
te groot, daar's net te veel veranderinge tussen die ouderdom van 10
en 15 in 'n meisiekind se lewe en lyf. Dit het my dus 5 ekstra dae
gekos om weer navorsing oor die oorlogsjare te doen en van nuuts af
in die jong Colette se kop in te klim, maar dit was die moeite werd.
Nou onthou ek ook weer helder hoe Colette as kind was, wat ek in
gedagte behoort te hou terwyl ek haar as middeljarige weduwee deur
die oë van haar opstandige dogter beskryf.
Môre
spring ek dus van 1945 na 1980 – daar's nou vir jou one giant leap
for a writer - om Mammie/Ouma se begrafnis te belewe. En Colette se
'mooi oom die moffie' as bejaarde man te herontmoet. Behoort 'n
interessante byeenkoms te wees.
No comments:
Post a Comment