Vanaand begin ek
eet aan daardie begeerlike worteltjie wat ek dwarsdeur die sogenaamde
Feesdae voor my eie neus moes rondswaai om aan die skryf te bly. 'n
Naweek in Parys saam met my man sonder kinders of katte of enige
ander aanhangsels. Twee volle dae waarin ek gaan probeer om glad nie
eens aan hierdie storie te dink nie.
Glo nie ek sal
dit regkry nie.
 |
Athol Fugard kry 'n eredoktorsgraad van die US in 2006 |
Intussen
darem aan die gang gekom met hfstk 29, die jaar 2006, Tina se
gradedag. Gister weer eens besef hoe onontbeerlik dit is om feite te
check en te double-check – en hoeveel makliker internet dit maak as
wat dit voorheen was. Wou nie die naam van die kanselier by Tina se
gradeplegtigheid noem nie, gedog ek kan die geleentheid heeltemal
goed genoeg beskryf sonder spesifieke name, maar check toe nogtans op
internet wie was in 2006 kanselier van die Universiteit van Stbosch,
net vir daardie bitter belangrike prentjie in my eie kop. O gaats, sien
ek, dit was Elize Botha! Die 1ste en tot dusver enigste vroulike
kanselier van US. En dit maak beslis 'n verskil aan die beskrywing,
selfs al wil ek nie name noem nie, want hy
en hom
moet sy
en haar
word.
Nog iets wat ek
dankie tog gecheck het, is wanneer watse grade uitgedeel word, want
ek wou Tina laat joernalistiek swot (om haar ma te please), maar vir
die verloop van my storie is dit noodsaaklik dat die gradedag in
Desember moet wees – en B Phil Joernalistiek-studente kry hulle
grade eers in Maart. Ek moes dit seker uit eie ervaring onthou het,
maar nou ja, my joernalistiek-gradedag was so lank gelede dat ek ou
foto's in my albums moes gaan soek om te sien watter kleur die band
was wat om my toga gehang is. (Goudgeel, natuurlik, soos al die bande
van lettere en wysbegeerte.) Intussen selfs vir Lizette Rabe by die
joernalistiek-departement gekontak om 'n paar vrae namens my fiktiewe
joernalistiekstudent te vra – en toe moet Tina op die ou end tog
net 'n gewone BA honneursgraad kry, seker maar in Afr, haar studie
moet wel iets met woorde te doen hê, omdat die datum in hierdie
hfstk belangriker is as presies wát die karakter studeer.
No comments:
Post a Comment