As jy meer wil weet oor die swaarkry en die lekkerkry agter die klaarkry van 'n roman, lees Marita van der Vyver se joernaal oor die skryfproses van 'Die blou van onthou'. Vir die volle storie kan jy ondertoe duik tot by Maart 2011 en dan so lees-lees terug boontoe swem...
Thursday
Woensdag 8 Februarie 2012
Kliek! Glory
hallelujah! Ek het die afgelope 2 dae al die korreksies wat ek op die
papier-ms aangebring het, ook op die rekenaar oorgetik en weer aan
die laaste deel gewerk – en teen 13 minute oor middernag laas nag
het ek die befaamde kliek in my kop gehoor. Toe stuur ek terstond die
hele ms vir Riana. Nee, ek's nie tevrede
nie, tevrede is 'n te selfvoldane woord vir die weerlose toestand
waarin ek my aan die einde van so 'n uitmergelende skryfproses
bevind. Ek is uitgeput, ek is eindeloos verlig dis darem nou tydelik
verby (tot ek binnekort weer moet voortgaan met korreksies en
proeflees en vertaling), en ek voel taamlik positief daaroor. Dalk werk dit. Dalk. Maar bowenal is ek váák. Ek wil
'n paar nagte lank onverpoos slaap. En ek wil weer ander mense se
boeke begin lees. Die laaste 3 weke is al my gewone leestyd saans en
naweke oorgeneem deur hierdie ms. Dis miskien waaroor ek die heel
blyste voel. Dat ek weer 'n slag woorde kan lees wat ek nie self geskryf het
nie.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment