In
hierdie hfstk moet ek baie versigtig trap, want ek het reeds oor 16
Junie 1976 in Soweto geskryf, deur die oë van wit tieners, in Die
dinge van 'n kind. Amper
20 jaar gelede! En hierdie keer moet ek dit anders benader, nie 16
Junie self nie, maar 2 of 3 dae later wanneer die omvang en die
afgryse van die onluste tot witmense begin deurdring.
Nandi sal nie radio luister soos Mart en haar broer in Dinge nie, Nandi is 'n veel wilder kind as wat Mart was, Nandi is besig om dagga te rook op 'n paartie, maar haar ouers praat oor die onluste en sy dink aan die koerantfoto's wat sy gesien het. Die befaamde een van Hector Pietersen se lyk wat deur 'n groter seun gedra word?

En die betogers se banieropskrifte oor Afrikaans. Afrikaans stinks. To hell with Afrikaans. Afrikaans must be abolished. Wat máák sy met hierdie haat vir 'n taal wat haar oupa haar leer liefkry het as die mooiste taal op aarde?

No comments:
Post a Comment