Benut
toe vanmiddag die skaars wintersonskyn en lieflike (windlose!) dag om
'n lang ent te gaan stap terwyl ek die laaste sin van die 1992-hfstk
bepeins. Was dit Nietsche wat gesê het jy moet nooit enige gedagte
vertrou wat by jou opkom terwyl jy nie aan die stap is nie? Of die
beste gedagtes kan net opkom terwyl jy stap? Hoe ook al, ek wil dit
weer beaam.
Nie langsaam en lydend aan 'n terminale siekte soos Martine nie, maar vinnig en waarskynlik gewelddadig. Slagoffer van misdaad in die Nuwe SA? Want dan sal Tina waarlik 'n weeskind word – en dus meer gereed, meer oop van gemoed, om haar oorblywende biologiese familie te aanvaar. Selfs in 'n ander land te gaan soek.
No comments:
Post a Comment