Thursday

Maandagaand 14 November 2011

Sjoe! Klaar met die1ste hfstk van die laaste deel - Halley se komeet in 1986. Vanmiddag geskryf dat die sweet my aftap en my oë begin skeel kyk omdat ek vir die 1ste keer van ek terug is uit NY 'n paar uur op my eie in die huis gegun is.

Laas week was dit chaos met Alain se siekverlof en wiellose toestand en die soektog om vir hom 'n bekostigbare sans permit voertuig op te spoor (wat hopelik Woesndag afgelewer gaan word) en Hugo kuier van Donderdag af hier en Mario se seun Fabien is uit sy woonstel geskop en het dringend onderdak gesoek, so hy het ook Donderdagaand hier opgedaag, en Vrydag was 'n openbare vakansiedag, toe hang almal hier by die huis rond, insluitend Mia, terwyl ek half wanhopig probeer skryf, en van Saterdag af kuier Daniel ook vir 'n paar dae by die huis. 

Maar vanmiddag is Mia by die skool, Fabien en Hugo aan die verf in die ou huis wat ons moet verkoop, en Daniel besig om vir Alain taxi te ry na werkvergaderings. En ek kon uiteindelik behoorlik kennis maak met Tina op die ouderdom van vier. Sy's 'n ernstiger kind as wat ek gedog het sy sou wees. En die hfstk het ernstiger uitgedraai as wat ek gedog het. Tog vreemd hoe ek as skrywer so dikwels nie weet wat in die storie gaan gebeur tot dit gebeur nie.

No comments:

Post a Comment