
En toe besef ek gister, terwyl ek oor die mistigeTagus-rivier uitkyk, dat dit vir haar nie nodig is om haar ouma te oortuig nie. Dis Fernando wat saam met Tina na SA gaan vlieg. Natuurlik! Hy's alleen, hy was nog nooit in Colette se land nie, hy sal voel hy's dit aan haar verskuldig ná Tina hom vertel dat Colette sy kind grootgemaak het. En hy sal dit wil doen vir sy kind wie se as in SA gestrooi is. Tina laat weet dus vir Colette dat sy vir Fernando saambring – en dis waar die storie gaan eindig. Niks verder nie.
Nou voel dit asof hierdie
einde die enigste moontlike een was – kan weer eens nie glo hoe
lank dit my gevat het om 'n pad te kies wat heeltyd voor my gelê het
nie! - maar ek weet nie of ek dit sou gevind het as ek nie gister in
die misreën oor die Tagus sit en staar het nie.
No comments:
Post a Comment