'n Drukkie van my buiteleser Petra |
As Petra praat, luister jy... |
En toe sak die titel
soos 'n Bybelse duif op my neer terwyl ek na 'n groep digters by die
Woordfees sit en luister. Louis Esterhuizen het gepraat oor die skep
van akwarelle, en iets gesê soos: die verf wat op die papier agterbly
nadat die water opgedroog het, is die water se geheue. En dit was vir
my so 'n lieflike beeld dat ek skoon dromerig geraak het. En toe dink
ek aan geheue en aan onthou en aan my storie se titel, aan die blou
azulejos
in die storie en aan fado
en saudade
en daardie 'liefde wat bly' nadat die onderwerp verdwyn het. En toe
kry ek dit: Die blou van onthou.
Toe ek vanmiddag saam met
Riana en Laura (wat die omslag moet ontwerp) 'n drankie drink, het ek
dit met my hart in my keel op hulle getoets. En hulle het ook dadelik
saamgestem, ditsem, ons hét dit. Daarmee kan Laura 'n blou omslag
skep om oor te droom.
No comments:
Post a Comment