So
te sê klaar met wat veronderstel was om die laaste hfstk te wees –
maar nou kom die bitter moeilike epiloog-hfstk waar al 3
hoofkarakters betrek moet word en al die los drade mooi ingewerk moet
word. En dan sal ek seker nog 'n week nodig hê om die hele storie
van begin tot einde deur te werk om foute en flaters te soek. Bv al
die karakters se ouderdomme na te gaan om seker te maak dat hulle nie
deur die loop van die storie wonderbaarlik jonger of ouer geword het
as wat hulle veronderstel is om te wees nie. En vanne en plekname en
die kleur van hare en oë en al daardie simpel maar belangrike dinge.
Dis soos om 'n Fair Isle-patroon met 7 verskillende kleure wol te brei as jy gewoonlik net regs en aweregs met een kleur brei. Selfs 'n ervare ou breier soos ek moet konsentreer vir al wat sy werd is.
No comments:
Post a Comment