Ná
2 dae van die ongelooflikste lente-sonskyn in die middel van die
winter, is dit vandag mistig en klam, meer soos die natnatnat
Januarie-weer in die begin van Saramago se boek (wat my steeds op my
dwaaltogte deur die stad vergesel), daarom het ek ondergronds gevlug.
Ry die hele oggend lank metro, heen en weer op die geel, blou, groen en rooi lyne, om al die stasies se azulejo-versierings te bekyk. Veral die moderner azulejos begin my al hoe meer boei, want dis waarmee Fernando hom besig sou hou, 'n hedendaagse weergawe van 'n tradisonele kunsvorm,. En daar is sommiges waarvan ek rêrig baie hou!

Vanmiddag het ek in die
toeristebus na Belem en die westelike deel van die stad gery. Ligte
misreën wat kort-kort uitsak, maar nooit te lastig geraak het nie.
Wil vroeg inkruip sodat ek môre douvoordag die trein na Porto in die
noorde kan vang. 'Wat wil jy dáár gaan doen?' vra José. 'Teëls
gaan kyk, wat anders,' antwoord ek. 'Natuurlik,' grinnik hy. 'Wat
anders.'
No comments:
Post a Comment