
Van ek terug is van
Portugal skryf ek soos 'n besielde aan die laaste hfstk waarin Tina
uit Portugal vir haar ouma e-posse stuur. Terwyl Portugal nog vars in
my kop is. Maar intussen het my sperdatum aangebreek – begin Feb
het ek vir Riana gesê – en ek voel soos Aspoestertjie wat die 1ste
slag van die 12 slae van die klok hoor en tog so vreeslik graag nog vir oulaas 'n bietjie wil dans. Skryf vir al wat ek werd is bedags
om die ms klaar te kry, lees vir al wat ek werd is snags om die hele
ms van voor tot agter te korrigeer.
My vriend Agualusa was ook
laas week, terwyl ek by hom gekuier het, besig met 'n laaste hfstk.
Wat hy vandag klaar gemaak het - terwyl ek voel of ek nooit gaan
klaarkry met hierdie eindelose laaste hfstk nie. Wáárom is dit so
moeilik? Is dit die vrees vir 'letting go' wat met elke boek erger
word? Ek skryf en skryf en skryf en dit voel al hoe meer soos 'n
nagmerrie waarin ek dieselfde sin oor en oor en oor skryf.
No comments:
Post a Comment