|
Nog Woordfeeskiekies - Karin en Terry |
|
Laaste aand van Woordfees saam met Melt geëet |
Kan dit wees? Besef so pas
dat ek presies 'n jaar gelede my eerste blogstukkie oor hierdie ms
geskryf het. Wat toe nog nie 'n ms was nie, net 'n kraaines van
moontlikhede wat ek al skrywend moes uitpluis. En nou is dit al
amper-amper 'n boek. Bly tog iets van 'n wonderwerk, die hele proses,
hoewel ek dit haat om misties en metafisies oor 'die skepping van 'n
boek' te klink. Want op die ou end bly dit, meer as enigiets ander,
doodgewone sieldodende harde werk.
Soos ek nou weer kan
getuig. Van ek vandeesweek van die Woordfees teruggevlieg en voor my
rekenaar kom sit het, het ek nog nie weer opgestaan nie. Of so voel
my arme boude. En my seer rooi oë. Werk, suster, werk. Vergeet van klaarkry met lekkerkry. Al wat nou oorbly, is swaarkry.
No comments:
Post a Comment