Twee
dae gesukkel om die regte toon vir die volgende hfstk te vind. Die
Purple Rain Protest in 1989 soos dit deur die 7-jarige Tina belewe
word. Probleem is om 'n balans te kry tussen die politieke inligting
wat noodwendig oorgedra moet word en die meer onsamehangende indrukke
van 'n 7-jarige kind. Geskryf en geskrap en paragrawe geherrangskik
en weer geskrap en dan weer alles in 'n ander volgorde gerangskik en
wéér geskrap...
Tot ek teen 3uur vanmiddag eindelik gevoel het iets begin gebeur. Iets wat reg voel. Nou's ek so twee-derdes deur die hfstk en ek wens ek kon dwarsdeur die nag aanhou - bitter benoud ek verdwaal weer nadat ek skynbaar op die regte paadjie beland het - maar die lewe daar buite roep, die 'regte lewe', soos gewoonlik. Moet nou eers gou joga toe jaag en dan kom kosmaak.
In
laas week se jogaklas het ek 'n hele paar paragrawe op my rug lê en
plot, heeltemal Not Done, ek weet, ek's veronderstel om af te skakel
en op my asemhaling te konsentreer, niks anders nie, maar ek's
bevrees ek bereik nou 'n punt in hierdie ms waar dit onmoontlik word
om af te skakel. Die 'regte lewe' is net nie meer genoeg nie.
No comments:
Post a Comment