Die
verligting is miskien selfs groter as toe ek enige ander hfstk
voltooi het, want hierdie ene was somber en sad. En in die
Krismisseisoen raak ek in elk geval altyd somber en sad, melankoliek
en mismoedig, te veel mense wat gemis word - en elke jaar word die
gemistes meer - dus nie 'n goeie tyd om 'n hfstk oor die dood van 'n
karakter se pa te skryf nie. Boonop teen die agtergrond van Nine Eleven en al daardie vallende figure wat uit die Twin Towers se vensters gespring het. Voel vanoggend besonder blou. En die
mistral wat daar buite woed, help nie juis nie. Maar ek het myself en
my gesin belowe ek gaan één dag nie skryf nie. Krismis is Krismis.
Môre laat waai ek weer saam met die wind.
As jy meer wil weet oor die swaarkry en die lekkerkry agter die klaarkry van 'n roman, lees Marita van der Vyver se joernaal oor die skryfproses van 'Die blou van onthou'. Vir die volle storie kan jy ondertoe duik tot by Maart 2011 en dan so lees-lees terug boontoe swem...
Thursday
Sondag 25 Desember 2011
Geseënde
Kersfees, Colette, Nandi, Tina en al die ander. Ek het soos 'n
besopene gewerk (wou sê besetene, toe kom besopene uit, en nou klink
dit vir my gepas want ek het so geswoeg dat ek 'n soort abnormale
nie-heeltemal-bewuste toestand bereik het) om die hfstk oor 2001
klaar te kry sodat ek gisteraand saam met my gesin Oukersaand kon
vier. En gistermiddag, so tussen die einde van geskenke toedraai en
die begin van koskook vir die aand, het ek dit waaragtig reggekry.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment