Ag nee, hel, ek weet nie hoekom nie, ek weet presies wát ek in hierdie hfstk wil sê (1995, Nuwe SA-etery by Tina se huis), die woorde is reeds dáár, maar dis of ek net nie die volgorde kan regkry nie. Wil nie te veel sê nie, wil nie te swaarwigtig word nie. Sny roekeloos. En dan die donnerse punte en kommas. Styl, styl, styl. Style is everything, after all.
Die
hele dag lank aan één paragraaf gewerk! Sulke dae noem ek my
Flaubert-dae, gedagtig aan sy befaamde antwoord, toe iemand hom vra
wat hy op 'n sekere dag gedoen het, dat dit hom die hele oggend gekos
het om 'n punt op die regte plek neer te sit – en die hele middag
om dit weer uit te haal. Nie dat ek myself met die grote Flaubert
vergelyk nie.. But I feel his pain.
No comments:
Post a Comment