Fassinerend.
Wel, nou is my geheue in elk geval deeglik verfris oor wat alles in
die WVK gebeur het - veel meer as wat nodig is vir die beskeie
toneeltjie wat ek wil inwerk. En wat ek dalk nie eens gaan inwerk
nie. Maar dis mos maar wat gebeur elke keer as ek iets op internet
navors. Teen hierdie tyd behoort ek rêrig meer selfdissipline te hê.
Probleem is dat die navorsing nou maar eenmaal makliker is as die
wroegende skrywery wat die eintlike doel van die navorsing is.
As jy meer wil weet oor die swaarkry en die lekkerkry agter die klaarkry van 'n roman, lees Marita van der Vyver se joernaal oor die skryfproses van 'Die blou van onthou'. Vir die volle storie kan jy ondertoe duik tot by Maart 2011 en dan so lees-lees terug boontoe swem...
Thursday
Donderdag 8 Desember 2011
En
toe maak ek vanoggend die fout om vir Facebook se Taalgoggas en
Balbyters-groep te vra waar kom die woord 'harmansdrup' vandaan. Word
toe natuurlik vasgevang in 'n lang en vermaaklike internet-gesprek
oor outydse Boererate. Kosbare skryftyd wat verlore gaan, wat my weer
herinner het aan wat iemand anders - dink dit was Sonja Loots? -
onlangs op Fb gesê het. Om deesdae 'n roman te skryf, het jy 1
persent inspirasie nodig, and 99 percent staying away from Facebook.
Sela.
Die
ander ding waarin ek gister vasgevang geraak het, net so
voorspelbaar, maar darem hopelik 'n bietjie meer bruikbaar vir my
storie, is navorsing oor die WVK. Videos gesoek van Max du Preez se
TRC-verslae Sondagaande op TV, want ek wou hê Tina en haar gesin
moet op hierdie spesifieke Sondagaand in 1997 na daai program kyk –
en toe kry ek op YouTube videos van byna elke enkele TRC-program wat
in die 2 jaar van die WVK se bedrywighede uitgesaai is. En toe begin
ek natuurlik kyk...
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment