En die
kat kom weer! Mia se katjie is terug nadat sy amper 'n maand weg was
en ons almal moed opgegee het dat ons haar ooit weer lewend gaan
sien! Ek het dadelik na die Pyrenees gebel om vir Mia die blye nuus
oor te dra. Sukkel nog om te glo dat so iets wonderbaarliks so
onverwags kon gebeur. Miskien, sê ek vir myself, miskien is ons
geluk besig om te draai? Want ek het waaragtig nou weer 'n stukkie
doodgewone outydse good luck nodig om my te laat glo dat Alain se
hofverskyning volgende week voorspoedig gaan verloop.
As jy meer wil weet oor die swaarkry en die lekkerkry agter die klaarkry van 'n roman, lees Marita van der Vyver se joernaal oor die skryfproses van 'Die blou van onthou'. Vir die volle storie kan jy ondertoe duik tot by Maart 2011 en dan so lees-lees terug boontoe swem...
Friday
Vrydag 17 Augustus 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Dis nou presies hier waar ek vassteek en hoop "die Blou van Onthou" volg nie 'n bladuitleg met teks wat vertikaal ingespan word nie...
ReplyDeleteTeen hierdie tyd het jy hopelik agtergekom die bladuitleg van die boek is meer professioneel en lesersvriendelik uitgelê as my blog!
ReplyDelete