![]() |
Nee, so lyk dit nog nie - dis laas jaar se foto |
Ek
sê hopelik, maar ek hoor die wanhoop in my stem, want ek het gister
besef ek sal net eenvoudig nog 'n bykomende hfstk of 2 moet skryf.
Sal nie my sê gesê kry in die 30 hfstke wat ek myself toegelaat het
nie. (Ek het so gehou van die simmetrie van 3 dele van 10 hfste elk!)
Maar ek sal nie noodwendig 'n 4de deel nodig hê nie, eerder iets
soos 'n epiloog waarin ek al 3 vroue se stemme bymekaar kan bring?
Dalk e-posse tussen Tina en Colette terwyl Tina in Portugal reis om
na haar oupa te soek? En reg aan die einde, ná sy vir Colette
omgepraat het om ook Portugal toe te kom, miskien 'n brief aan haar
ma (of aan albei haar ma's, Nandi en Martine) om van Colette en
Fernando se ontmoeting te vertel. Maar ek weet ook nie of dit sal
werk nie, weet nie eens of Tina vir Colette omgepraat gaan kry om
Portugal toe te kom nie, weet nie of ek nie eerder by elke afdeling
nog 'n hfstk moet byvoeg nie, sodat ek 3 dele van 11 hfstke elk het,
dus 'n totaal van 33. Ook 'n getal wat met my praat.
No comments:
Post a Comment