Dit stres my altyd
om by hierdie stadium van 'n boek te beland, want dis amper die
allerlaaste kans om nog te verander en te verbeter, en tog het ek
ook al uit ondervinding geleer om nie teen die einde paniekerig te
word en te veel te probeer verander nie. Die moeilikste, miskien, is
'to leave
well alone'. Môre is ek terug in Kaapstad, dan oorhandig ek die dik
stapel aan Riana, en dan kan ek sugtend verklaar dit is volbring.
Wel, natuurlik nog nie heeltemal nie, nie tot die boek die dag in my
hande lê nie. Maar ons is darem amper daar...
As jy meer wil weet oor die swaarkry en die lekkerkry agter die klaarkry van 'n roman, lees Marita van der Vyver se joernaal oor die skryfproses van 'Die blou van onthou'. Vir die volle storie kan jy ondertoe duik tot by Maart 2011 en dan so lees-lees terug boontoe swem...
Friday
Sondag 20 Mei 2012 (Aurora)
Siel voel verkwik ná 'n
paar salige dae op Aurora se lang stoep met 'n uitsig tot anderkant
die ewigheid. Meestal met my proewe op die skoot, soms gesit en lees,
soms net gesit en staar en dink en droom, maar darem tog reggekry om
teen gisteraand deur die proewe te lees en die nodige korreksies aan
te bring.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment