As jy meer wil weet oor die swaarkry en die lekkerkry agter die klaarkry van 'n roman, lees Marita van der Vyver se joernaal oor die skryfproses van 'Die blou van onthou'. Vir die volle storie kan jy ondertoe duik tot by Maart 2011 en dan so lees-lees terug boontoe swem...
Wednesday
Woensdag 24 Oktober 2012
Die blou boek is op die rak, ondanks die stakings wat alles vertraag het, die blou bemarkingstoer het voorspoedig verloop, en my blou blog is op internet beskikbaar. Oop en bloot vir almal om die storie agter die storie te lees. Ek verstaan nie waarom sommige van die foto's wat ek gepos het, 'verdwyn' het nie. Seker iets wat opgelos kan word, maar ek het nie nou die krag daarvoor nie. Wil nou eers groet, wegkom van die kleur blou, swig voor iets rustiger soos wit. Wit soos stilte en slaap, wit soos drome en dink, wit soos die winter wat aan die kom is, wit soos leë bladsye wat met woorde gevul moet word... Die wit van wegraak, dis waarna ek nou verlang.
Woensdag 26 September 2012
Voila! Die blou boek het opgedaag, got the picture to prove it, en soos gewoonlik ervaar ek `n mengelmoes van verligting en trots en iets vreemder, amper `n soort antiklimaks. All that for this?! Amper 2 jaar van pyn en lyding vir so `n eenvoudige voorwerp van papier. So `n brose ding bly `n boek darem. Gooi dit in `n vuur en poef, net as en rook bly oor.
Nee, ek`s nie swartgalllig nie, eintlik nogal heel opgewonde. Dis net, wel, soos dit is. 'Vergeet van Mao se Klein Rooi Boekie', het ek gister op my Facebook-groep se muur gespog. `Koop eerder Marita se Groot Blou Boek.' Eben vandie uitgewer se bemarkingspan praat van die blou golf wat die land gaan tref. Mog het troffe, prewel ek in my binneste. Mog het troffe!
Maar daar`s mos altyd ook `n bietjie ongeluk by die geluk - anders was ons seker klaar in die hemel? - en hierdie keer is dit `n staking by die drukkery. Wat beteken die boek is nie die naweek in die winkels soos beplan nie, maar eers teen volgende naweek. Wanneer my SA promosietoer reeds aan die gang sal wees! En die vertaling sal eers op 8 Oktober beskikbaar wees! Drat en zut en verdomp. Maar nou ja, help nie ek ontstig my daaroor nie, woon gelukkig al lank genoeg in die staakmal Frankryk om te verstaan van stakings. Que sera sera?
Thursday
Donderdag 19 September 2012
Wanneer is die storie agter die storie van 'n boek klaar geskryf? Want as ek die boek eindelik in my hande kan vashou as 'n soliede voorwerp, dan gaan die storie agter die skerms natuurlik nog aan...
Maar dan word dit ook al weer tyd vir die volgende storie agter die volgende boek.
Ek het besluit ek sal hierdie joernaal staak sodra ek Die blou van onthou in my hande het - en dit gaan hopelik baie binnekort gebeur, dalk nog voordat ek vroeg volgende maand SA toe vlieg vir die promosietoer. Terwyl ek laas week my lyf toergids gehou het om van my rekenaar weg te kom en 'n ekstra inkomste te verdien, terwyl ek iewers tussen Parys en Avignon rondgetoer het, het Riana laat weet die boek het op haar lessenaare geland. En dit lyk pragtig, meen sy, en sy pos summier vir my 'n paar kopieë. En ek hou duimvas dat hulle blitsig opdaag, dan kan ek hier amen sê en 'n ander storie begin.
Maar dan word dit ook al weer tyd vir die volgende storie agter die volgende boek.
Die Meisie(s) van Avignon |
Friday
Vrydag 7 September 2012
Uiteindelik is die laaaang somervakansie verby en vir die eerste keer in amper 3 maande kan ek weer stoksielalleen in salige stilte by die huis sit en werk. Voel amper effe teleurgesteld dat die allerlaaste korreksies aan die finale proewe van die vertaling vroeër vandeesweek afgehandel is. Maar nou moet ek my tassie pak om vroeg môre-oggend na Parys te vertrek, waar ek 'n SA toergroep gaan ontmoet om tot volgende naweek toergids te speel.
Gister my vliegkaartjies vir die promosietoer ontvang en al die optredes in die noorde, Bloemfontein en Stellenbosch is bevestig. Laat die sirkus begin, hierdie perdjie ken mos nou al haar passies.
En van sirkus gepraat, dis weird om op die ouderdom van 50 plus vir die eerste keer 'n vrouetydskrif se 'voorbladnooi' te word. Ja, die befaamde uitgawe is volgende week op die rak. Toe 'n vrouetydskrif my 20 jaar terug op 'n voorblad wou hê - toe ek nog jonk en onskuldig genoeg was om heel skaflike voorbladmateriaal te wees - het ek verskrik geweier omdat ek gedog het niemand in die boekwêreld sou my ooit weer ernstig opneem nie.
Nou's ek gelukkig lankal verby die stadium waar ek myself ernstig opneem, so ek beskou dit as net nog 'n nuwe ondervinding. En as die voorblad en die hoofonderhoud binne-in die tydskrif 'n paar mense kan oorreeed om my boek aan te skaf, dan's dit natuurlik net nog beter.
Vrydag 31 Augustus 2012
Uiteindelik! Gister die volledige proewe van die vertaling gekry! Maar voor ek te opgewonde word, moet ek myself herinner dat ek nou wéér 'n keer die hele storie van voor tot agter moet lees. Teen dié tyd behoort ek lang dele daarvan uit my kop uit te kan opsê...
Saam met die proewe gister het die fantastiese nuus gekom dat die Afrikaanse én Engelse weergawes gekies is vir Exclusive Books se gesogte Lys (The List). Diep dankbaar, want dit beteken in al die EB-takke landwyd sal Blou en Forget-Me-Not baie sigbaar uitgestal word. Die soort blootstelling waaroor mens maar net kan droom vir 'n nuwe roman.
O ja, en die Engelse omslag is ook gefinaliseer. Ek het die stryd verloor om my eie gesig van die agterblad af te hou. Die pragtige blou teëls word nou na die agterste binneflap geskuif.
Saam met die proewe gister het die fantastiese nuus gekom dat die Afrikaanse én Engelse weergawes gekies is vir Exclusive Books se gesogte Lys (The List). Diep dankbaar, want dit beteken in al die EB-takke landwyd sal Blou en Forget-Me-Not baie sigbaar uitgestal word. Die soort blootstelling waaroor mens maar net kan droom vir 'n nuwe roman.
O ja, en die Engelse omslag is ook gefinaliseer. Ek het die stryd verloor om my eie gesig van die agterblad af te hou. Die pragtige blou teëls word nou na die agterste binneflap geskuif.
Saterdag 25 Augustus 2012
Alain was toe Donderdag in die hof en die beslissing is hy mag eers oor 4 maande weer sy rybewys terugkry. Bummer. Maar dit kon ook 5 jaar gewees het. Of die regter kon besluit het dat hy nooit weer mag bestuur nie, aangesien hy nou as 'n 'gewoonte-oortreder- op die pad beskou word.
Darem bietjie getroos gevoel toe ek dieselfde dag 'n bewonderende boodskap op my Facebook-groep se muur kry van 'n skilder wat stillewes skep met my boeke op. Besef toe dis dieselfde Mariaan Kotze by wie my sus 'n paar jaar gelede 'n skildery gekoop het omdat een van my romans daarop was! Soos 'n herontmoeting gevoel.
Vrydag 17 Augustus 2012
En die
kat kom weer! Mia se katjie is terug nadat sy amper 'n maand weg was
en ons almal moed opgegee het dat ons haar ooit weer lewend gaan
sien! Ek het dadelik na die Pyrenees gebel om vir Mia die blye nuus
oor te dra. Sukkel nog om te glo dat so iets wonderbaarliks so
onverwags kon gebeur. Miskien, sê ek vir myself, miskien is ons
geluk besig om te draai? Want ek het waaragtig nou weer 'n stukkie
doodgewone outydse good luck nodig om my te laat glo dat Alain se
hofverskyning volgende week voorspoedig gaan verloop.
Intussen
is Eben by Tafelberg besig om die planne vir die promosietoer in
Oktober te finaliseer – my optredes by Huisgenoot se Skouspel word
reeds op my Facebook-groep se muur geadverteer – en Eldaleen van
Vrouekeur het laat weet die uitgawe met my bakkies op die voorblad
gaan volgende week drukkers toe. O hel, dis bitter om op my
bejaarde ouderdom vir die eerste keer 'n 'voorbladnooi' te word. Met
my vorige boek het ek Leserskring se voorblad gehaal, maar dit tel
nie rêrig nie want dis nie 'n regte tydskrif wat orals in winkels en
kafees rondlê nie. Dank die hemel ek is nie in SA nie, dis al wat ek
kan sê. Ek sou dit acutely embarrassing vind om in my eie glimlag op
die voorblad vas te kyk elke keer as ek brood of melk by 'n kafee
gaan koop. Sou waarskynlik verkies om 'n week lank sonder brood of
melk klaar te kom en soos 'n kluisenaar in my huis weg te kruip tot
die volgende uitgawe van die tydskrif verskyn.
Woensdag 15 Augustus 2012
Vandag
is daardie vreemde Katolieke vakansiedag wat ek, soos Colette, nog
nooit werklik verstaan het nie. In my pa se Protestantse Bybel was
daar geen sprake van enige Maria wat hemel toe gevaar het nie. Maar
op die vakansiedag van 15 Augustus, 1960 en 2007 onderskeidelik, was
Colette en Tina darem met vakansie in Portugal. Terwyl ek op die
vakansiedag van 15 Augustus 2012 by my lessenaar in my snikhete
kantoor sit en werk. Soos gewoonlik, wil ek amper uitroep, oorval
deur selfbejammering.
Laas
week was dit Vrouedag in SA, toe kon ek g'n lewende of dooie siel op
kantoor kry om my e-posse te beantwoord nie. En nou's dit hierdie
onverklaarbare vakansiedag in Frankryk en Portugal en wie weet waar
orals in Europa, en almal om my hou vakansie, al die winkels en
kantore is toe, strate verlate en strande vol – en ek sit en werk! Natuurlik voel ek jammer vir myself! Moet teen vanaand die laaste geredigeerde deel van
die vertaling terugstuur na Riana toe sodat die hele
spulletjie teen die naweek in proewe omgetoor kan word.
Maar
as ek laas week gedog het die hitte is erg... Die hele land is nou amptelik in die kloue van 'n canicule, hittegolf aangekondig deur die regering en die
weerburo, met temperature rondom 40 grade C vir die
volgende paar dae voorspel. En 40 grade C in Frankryk is véél erger
as 40 grade C in SA, want dis so buitengewoon dat die mense op 'n
streep omkap omdat hulle nie weet hulle moet water drink as hulle warm
kry nie. Nou word daar elke dag oor die radio en op TV advertensies gespeel om mense te herinner om water te drink. Red nou 'n volk.
Vrydagaand 10 Augustus 2012
Mia is
terug van haar kuier by die skoonfamilie in die noorde, steeds
hartseer oor haar verlore katjie, maar tog ook opgewonde oor haar
kuier volgende week by haar maatjie se vakansiehuis in die Pyrennees.
Ek moet taxi speel, natuurlik, ses uur se ry soontoe, die nag
oorslaap en ses uur se ry terug. Wou eintlik ook by die Brownes in
Lasseube 'n draai gaan gooi het, maar dit gaan nie uitwerk nie want
ek mis klaar 2 dae se werk met hierdie rondryery en ek kan dit
eintlik glad nie in hierdie stadium van die wedstryd bekostig nie.
Dis presies die 2 dae wanneer die Engelse redakteur die laaste deel
van die vertaling na my sal terugstuur vir finale goedkeuring. Hoe
gouer ek weer agter my lessenaar kan inval, hoe gouer kan ons die
vertaling by die drukkers kry.
Mirepoix - naby waar ons Mia moet gaan aflaai |
As ek
vir Alain kon gestuur het om vir Mia te karwei, kon ek by die huis
gebly het om te werk, maar hy het pas die laaste skof van sy 'straf'
vir laas jaar se verkeersoortreding begin uitdien. Minstens drie
maande sonder rybewys wat vir hom voorlê. Oor 2 weke moet hy weer in
die hof verskyn en dan sal ons weet hoe lank dit gaan wees voordat hy
weer mag bestuur en of hy 'n boete ook nog moet beaal of tronk toe
moet gaan of wat de hel verder gaan gebeur. Intussen lewe ons in
onsekerheid en hoop en ongeloflike stres. Nie wat ek nou nodig het
nie.
Sondagmiddag 5 Augustus 2012
En
terwyl die Olimpiese marathon op TV onder in die huis gehardloop
word, is ek hier bo in die pylvak van my eie verdomde marathon. Weet
presies hoe daardie arme uitgeputte atlete voel. Die gees wil aanhou,
maar die lyf kán net nie meer nie.
Ek wil
huil van moegheid, maar die einde is in sig. Klaar met die laaste
deel van die vertaling, asook die erkennings wat agter in die boek
moet kom, nou nog net 'n paar ongerymdhede in die vorige 2 dele
uitstryk. Korreksies wat ek in die 3de deel aangebring het, wat
beteken dieselfde woord of frase moet ook in die vorige dele verander
word, of in kursief gedruk word, of wat ook al.
Ek mik
nie vir enige soort medalje nie, te moeg vir sulke ambisies, ek mik
nou net om klaar te kry.
Vrydagaand 3 Augustus 2012
Ek wou
só graag vandag klaarkry met die vertaling sodat ek die naweek kan
rus. En sport kan kyk. Ja, selfs 'n onsportiewe siel soos ek word
geroer deur die Olimpiese malligheid in Londen. Maar die hitte het my
vandeesweek ondergekry.
Dis ergergerg hitsig en my kantoortjie voel elke uur meer soos die oond waarin die Bybelse Daniel en wie nou weer nog moes vertoef. Ek trek die hortjies toe teen die son en skakel die outydse elektriese waaiertjie aan, maar die patetiese dingetjie waai vir al wat hy werd is sonder om enigiets reg te kry. Behalwe om 'n helse geraas te maak. Wat enige vorm van konsentrasie net nog moeiliker maak.
Dis ergergerg hitsig en my kantoortjie voel elke uur meer soos die oond waarin die Bybelse Daniel en wie nou weer nog moes vertoef. Ek trek die hortjies toe teen die son en skakel die outydse elektriese waaiertjie aan, maar die patetiese dingetjie waai vir al wat hy werd is sonder om enigiets reg te kry. Behalwe om 'n helse geraas te maak. Wat enige vorm van konsentrasie net nog moeiliker maak.
So nou
gee ek op om iewers – waar?!? - te gaan afkoel. Nog sowat 30
bladsye van die vertaling oor om op my rekenaar te check, maar dit
sal oor die naweek gedoen moet word. Goddank dit was nie laas jaar
Augustus só warm nie, want toe was ek pal aan die skryf, g'n
ontsnapkans uit die kantoor nie. Of dalk was ek so besiel deur die
skrywery dat ek nie die hitte gevoel het nie? En noudat ek besig is
met die sieldodende oorlees en oorlees en wéér oorlees, nou gryp ek
na enige moontlike verskoning om uit die kantoor weg te kom?
Donderdag 2 Augustus 2012
Dinsdag 31 Julie 2012
Maar
hopelik sal die boek nie heeltemal flop nie, so dink ek nou weer
nadat ek 'n besonder bemoedigende e-pos van die Nederlandse vertaler
Riet de Jong-Goossens gekry het. Sy't pas die Afr ms gelees en hou sommer baie daarvan
en gaan dit beslis aanbeveel vir 'n Nederlandse vertaling, joegaai!
En wat die Engelse vertaling betref, is die wenstreep darem ook eindelik in sig. Die sportmetafoor is nie toevallig nie. Annelize het belowe sy stuur die laaste deel vóór die openingseremonie van die Londense Olimpiese Spele, want sy wou haarself beloon deur 2 weke lank ongesteurd TV-sport te kyk. En sowaar, teen Vrydagmiddag, enkele ure voor die skouspelagtige openingseremonie (wat ek gemis het omdat ek eerder 'n kunsmuseum in Montpellier wou besoek), was die laaste deel van die vertaling hier. Toe moes ek net wag dat Riana en Danita vir my die 'korrekte' tipografiese weergawe stuur sodat ek daarmee kan werk, en gisteroggend kon ek soos 'n geoefende atleet wegspring.
En wat die Engelse vertaling betref, is die wenstreep darem ook eindelik in sig. Die sportmetafoor is nie toevallig nie. Annelize het belowe sy stuur die laaste deel vóór die openingseremonie van die Londense Olimpiese Spele, want sy wou haarself beloon deur 2 weke lank ongesteurd TV-sport te kyk. En sowaar, teen Vrydagmiddag, enkele ure voor die skouspelagtige openingseremonie (wat ek gemis het omdat ek eerder 'n kunsmuseum in Montpellier wou besoek), was die laaste deel van die vertaling hier. Toe moes ek net wag dat Riana en Danita vir my die 'korrekte' tipografiese weergawe stuur sodat ek daarmee kan werk, en gisteroggend kon ek soos 'n geoefende atleet wegspring.
Kyk so
met een oog na die Spele terwyl ek werk, maar meestal probeer ek van
sport vergeet, gelukkig nie té moeilik vir so 'n onsportiewe siel soos
ek nie, en konsentreer op die Engelse teks wat teen die einde van die
week na die redakteur gestuur moet word...
Maandag 30 Julie 2012
Riana het die bandteks wat in die binneflap van die boek moet kom,
vir my gestuur sodat ek dit kan goedkeur. Dis altyd vir my 'n
embarrassing affêre, te veel van jakkals prys haar eie stert as ek
dit self moet skryf, maar ek waardeer dit tog om insae te hê in wat
iemand anders geskryf het. In hierdie geval het ek die geraamte behou, maar bietjie van die
vet afgesny en die vleis effens anders aangebied.
Ek wil nie hê die bandteks moet onnodige besonderhede weggee nie, soos wie presies die eerste brief aan Colette skryf en waarom dit geskryf is, of wat later van Nandi word nie. Dis wat die leser in die loop van die boek moet leer. Ek wil ook nie hê daar moet té veel klem geplaas word op 'die storie van 3 vroue' nie, want dan skrik potensiële manslesers weer so groot dat hulle nie verder as die bandteks lees nie. Ek wil eerder beklemtoon dat dit oor 'n familie gaan, oor 'n taal en 'n plek, oor hoort en nie hoort nie. En natuurlik ook oor 3 vroue van 3 verskillende geslagte.
Die foto wat gekies is vir die agterblad |
Ek wil nie hê die bandteks moet onnodige besonderhede weggee nie, soos wie presies die eerste brief aan Colette skryf en waarom dit geskryf is, of wat later van Nandi word nie. Dis wat die leser in die loop van die boek moet leer. Ek wil ook nie hê daar moet té veel klem geplaas word op 'die storie van 3 vroue' nie, want dan skrik potensiële manslesers weer so groot dat hulle nie verder as die bandteks lees nie. Ek wil eerder beklemtoon dat dit oor 'n familie gaan, oor 'n taal en 'n plek, oor hoort en nie hoort nie. En natuurlik ook oor 3 vroue van 3 verskillende geslagte.
Gister ook die finale prentjies van die omslag met die flappe en
die loergaatjie gesien – en al wat ek in hierdie stadium kan
sê is, selfs al flop die boek, sal dit nogtans 'n móói flop wees. Onder die mooiste omslae wat ek in 'n lang tyd gesien het. My
onbeskeie en erg subjektiewe mening.
Donderdagaand 26 Julie 2012
Een van die pragtige prente wat Piet vir ons gesamentlike sprokiesboek gemaak het |
Intussen
treur Mia oor haar katjie wat weg is van ons Maandag van
Lourmarin/Manosque teruggekom het en ek probeer aanmekaar troos en sê, jy weet, katte verdwyn soms dae lank en daag dan weer op, ons ouer
Kosi-kat het al vir 3 dae op 'n slag verdwyn, en kyk net, hier's
sy steeds... Maar ek begin self vrees dat die jonger Chosi nie gaan
terugkom nie. En dan wil ek ook vir haar sê daar's veel erger
ellendes as 'n kat wat wegraak, dink net aan Piet wie se hele gesin
op een slag uitgewis is, maar ek weet dit sal nie háár hartseer
minder maak nie. Vir haar, op hierdie oomblik, is die verlore katjie
die ergste voorstelbare ellende.
Besef
nou dat my vriend Koos gesterf het net voordat ek in alle erns aan
hierdie storie begin skryf het; en net voordat die ms eindelik
drukkers toe gaan (volgende week, het Riana gesê?), sterf my vriend
Piet se vrou en kind. Asof die hele storie so tussen hakies van
verlies geskryf is.
Dinsdag 24 Julie 2012
Heerlike
asemskepnaweek geniet terwyl ek wag dat die Engelse redakteur die 2de
geredigeerde deel terugstuur. André se 60ste verjaardag op hulle
nuwe domaine naby Lourmarin gevier, vreeslik rustig en luuks, no sex,
drugs or rock and roll, how the times have changed, dink ek toe weer
na aanleiding van Dylan se konsert die vorige naweek.
Ook Julian Barnes se Sense of an Ending in 'n enkele dag van voor tot agter gelees - wat 'n verligting ná ek omtrent 3 weke lank gely het om klaar te kry met James se Ambassadors – en besluit dis waaragtig 'n dun maar gewigtige meesterstukkie. 'n Klein wonderwerk van bondigheid en diepte oor die onderwerp van geheue en onthou waarmee ek op my bitter beskeie manier nou ook al amper 2 jaar lank bedrywig is. As ek 'n meer ambisieuse skrywer was, sou ek seker in trane van frustrasie en afguns uitgebars het omdat dit voel asof Barnes in 150 bladsye alles sê wat mens ooit oor onthou sou wou sê, so waarom selfs probéér om enigiets verder oor die onderwerp te skryf? Maar omdat ek myself nie met sulke hoë gerwe vergelyk nie, kan ek dit oopmond bewonder en opreg waardeer.
Ook Julian Barnes se Sense of an Ending in 'n enkele dag van voor tot agter gelees - wat 'n verligting ná ek omtrent 3 weke lank gely het om klaar te kry met James se Ambassadors – en besluit dis waaragtig 'n dun maar gewigtige meesterstukkie. 'n Klein wonderwerk van bondigheid en diepte oor die onderwerp van geheue en onthou waarmee ek op my bitter beskeie manier nou ook al amper 2 jaar lank bedrywig is. As ek 'n meer ambisieuse skrywer was, sou ek seker in trane van frustrasie en afguns uitgebars het omdat dit voel asof Barnes in 150 bladsye alles sê wat mens ooit oor onthou sou wou sê, so waarom selfs probéér om enigiets verder oor die onderwerp te skryf? Maar omdat ek myself nie met sulke hoë gerwe vergelyk nie, kan ek dit oopmond bewonder en opreg waardeer.
Môreaand
wil ek die tweede deel van die vertaling terugstuur, dan's die einde rêrig in sig.
Vrydag 20 Julie 2012
Gister
die 1ste deel van die geredigeerde vertaling teruggestuur – en
Sondagaand kry ek die 2de deel om te check. Dus g'n blaaskans nie, maar dinge
beweeg en alles begin uiteindelik bymekaarkom en dis 'n lekker
gevoel. My vlugdatums en die program vir die promosietoer in Oktober
is ook nou uitgeklaar.
Thomas en die Neef van die Noorde en die Neef se meisie kuier 'n paar dae hier en daar word tot laat saans buite musiek gemaak en gesels en gedrink, maar my liggie brand te flou om saam te kuier ná ek die hele dag moes werk En dan's daar nog al die gewone somerswaels wat onthaal moet word, soos die Hoogenbooms van New York en Tom-en-Michelle van Brussel wat laas week kom eet het.
En die hittegolf maak niks makliker nie.
Ek het 3 aande ná mekaar teen 10uur se kant stil-stil kamer toe gesluip en probeer om 'n stukkie te lees voordat my oë toeval. Sonder sukses. Elke keer ná omtrent 3 sinne aan die slaap geraak. Een keer selfs met my klere aan. Bygesê, die 3 sinne is Henry James-sinne - weer The Ambassadors begin lees ná Michiel H se Invisible Furies my lus geprikkel het – en 3 Henry James-sinne is so uitgerek en ingewikkeld soos 3 hoofstukke van enigiemand anders.
Thomas en die Neef van die Noorde en die Neef se meisie kuier 'n paar dae hier en daar word tot laat saans buite musiek gemaak en gesels en gedrink, maar my liggie brand te flou om saam te kuier ná ek die hele dag moes werk En dan's daar nog al die gewone somerswaels wat onthaal moet word, soos die Hoogenbooms van New York en Tom-en-Michelle van Brussel wat laas week kom eet het.
En die hittegolf maak niks makliker nie.
Ek het 3 aande ná mekaar teen 10uur se kant stil-stil kamer toe gesluip en probeer om 'n stukkie te lees voordat my oë toeval. Sonder sukses. Elke keer ná omtrent 3 sinne aan die slaap geraak. Een keer selfs met my klere aan. Bygesê, die 3 sinne is Henry James-sinne - weer The Ambassadors begin lees ná Michiel H se Invisible Furies my lus geprikkel het – en 3 Henry James-sinne is so uitgerek en ingewikkeld soos 3 hoofstukke van enigiemand anders.
Sondag 15 Julie 2012
Gister
se Bastille-dag-vierings en 'Republikeinse etes' op dorpspleine en
vuurwerkvertonings en alles wat daarmee saamgaan, het geheel en al by my verbygegaan want
ek moes myself aan my rekenaar vasketting om deel 2 van die vertaling
teen môremiddag vir die Engelse redakteur te stuur. En vanoggend
ligdag weer begin want vanaand gaan ons na Bob Dylan se konsert in die antieke amfiteater van Nîmes kyk, 'n geleentheid waarvoor ek al omtrent 40 jaar lank wag en
wat ek waaragtig nie wil mis omdat ek 'n selfopgelegde skryftaak nie betyds kon
klaarkry nie. Ons vertrek oor 'n halfuur en ek het pas die laaste
bladsy op my rekenaar gelees, glory hallelujah. Bob Dylan here I
come.
Woensdag 11 Julie 2012
Vanoggend
was die 3de keer dat ek 'n uittreksel uit hierdie teks vir 'n gehoor
gelees het – en wat 'n vreemde ervaring was dit nie! Die gehoor het
in 'n saal by die Vryfees in Bloemfontein gesit en ek het voor my
rekenaar by die huis op die Franse platteland gesit en danksy Skype
en die moderne tegnologie kon ons vir mekaar kyk en met mekaar
gesels. Gister tydens die oefensessie was die verbinding tussen
Bloemfontein en Frankryk uitstekend, maar vanoggend tydens die live
performance is ons 'n hele paar keer afgesny. Was nogal senutergend.
Maar ek het heeltyd gevoel of ek soos Harry Potter met een of ander
towerformule van een plek na 'n ander plek duisende kms daarvandaan
getransporteer of getransformeer of ge-watookal is!
Dinsdag 3 Julie 2012
Slaapplek en kos vir 12 van ons oor die naweek... |
Nou
stuur Riana hierdie deel reguit na die Engelse redakteur want ons tyd
raak min (wil ek amper uitroep soos Colette in haar reisjoernaal!) en
ons sal dinge so stuk-stuk moet aanpak as ons die hele spul betyds by
die drukker wil hê. En dan kry ek vroeg volgende week wanneer die
meeste van ons oorslaapgaste weer vertrek het, die 2de deel van die
vertaling van Annelize en die 1ste deel van die geredigeerde
vertaling terug van die redakteur. Dan het ek tot die week daarna om
aan die 2de deel te werk en die 1ste deel vir oulaas oor te lees om
te kyk of daar nog enigiets is wat hinder en dan kry ek al weer die
3de deel van Annelize...
Ai tog, en ek het so half geglo ek gaan 'n rustige somer hê. What was I thinking.
Ai tog, en ek het so half geglo ek gaan 'n rustige somer hê. What was I thinking.
Vrydag 29 Junie 2012
En net
toe ek lekker aan die vertaling begin lees, kom 'n dringende versoek
van Leserskring dat ek ietsie oor die boek vir hulle katalogus skryf.
(Saam met die nuus dat hulle 'n hele paar duisend kopieë bestel
het.) Nou ja, so gesê, so gemaak, en hier volg wat ek hoop 'n paar
lesers sal prikkel om die boek te bestel:
Elke storie het 'n begin
en hierdie een het begin by 'n blou Portugese teël. Of liewers, die
saad is meer as 'n dekade gelede reeds in my onderbewussyn gesaai –
'n storie oor 'n Afrikaanse familie wat oor drie geslagte en op drie
vastelande afgespeel word – maar die grond van my verbeelding het
onvrugbaar gebly tot ek op 'n pragtige potblou Portugese teël
afgekom het.
Ek het geweet daar
moes 'n versteekte liefdesverhouding wees wat die verloop van al die
karakters se lewens sou verander, en ek het geweet só 'n verhouding
sou slegs in 'n verre Latynse land moontlik wees. Maar ek wou nie
wéér oor Frankryk skryf nie. En ek hét ook al 'n roman (Griet
kom weer) oor 'n Italiaanse minnaar en
'n Italiaanse verblyf geskryf. Toe dink ek aan Griekeland, natuurlik,
net om byna dadelik te besef dit sou nie deug nie. Griekse eilande en
Griekse romantiese bevryding is deesdae ietwat oordoen, in boeke,
rolprente, toneelstukke en selfs musiekblyspele. (Wie het nog nie van
Shirley Valentine
of Mamma Mia
gehoor nie?) My volgende neiging was Spanje - ek het Barcelona 'n
paar keer besoek en selfs 'n ent op die befaamde pelgrimsroete van
Santiago de Compostela gestap om vlerke aan my verbeelding te gee –
maar my verbeelding het, helaas, saam met my seer voete laag op die
aarde bly sleep.
Maar op 'n dag word
ek betower deur 'n antieke handgeverfde keramiekteël uit Portugal.
Blouer as blou. Mooier as mooi. Dit het my besiel om oor die eeue oue
kuns van azulejos te
begin nalees – en my herinner aan die eeue oue verbintenis tussen
Portugal en Suid-Afrika. Die Portugese seevaarders was immers die
eerste Europeërs wat hier voet aan wal gesit het, hoewel ons geneig
is om dit te vergeet omdat ons nooit, soos ons buurlande Mosambiek en
Angola, deur hulle gekoloniseer is nie.
Hierdie Portugese
navorsing het my aangespoor om weer 'n slag na fado
te luister, die tradisionele musiek van verlies en verlange, en
eensklaps het ek gewéét my verhaal oor verlies en verlange, oor
drie geslagte wat mekaar soek en mekaar mis, kan nêrens anders as in
Portugal geanker word nie. Die saad het 'n storie geword, die storie
het 'n boek geword, en die boek het 'n naam gekry: Die
blou van onthou. Lekker
lees!
Woensdag 27 Junie 2012
En gister daag die eerste deel van Annelize se vertaling toe op! Joegaai! Verskriklik nuuskierig om dadelik te begin lees, maar Alain se verjaardag moet eers vandag gevier word. En ek wou 'n stukkie
vir
my leesblog skryf, oor Michiel Heyns se nuwe roman en die
ooreenkomste met Henry James se The
Ambassadors,
wat beteken dat ek weer laasgenoemde begin lees het, gedog dit sou
net so 'n spoedlees wees, maar Henry James leen hom nou eenmaal nie
tot spoedlees nie. Nou sal Heyns en James maar eers moet wag tot ek
die vertaling gelees het...
Maandag 25 Junie 2012
Whatever.
Wat my gister gegooi het, was toe ek hoor Spekko, soos in rys, is die
borg en ek moet dus iets met rys doen! Goddank ek het taamlik onlangs
'n kosboek gepubliseer, so daar is darem 'n regstreekse verbintenis
met kos in my werk, want anders weet ek waaragtig nie hoe ek hierdie
kloutjie by hierdie oortjie sou kon bring nie. Of die rys by die
roman nie.
Wat
mens ook nie alles sal doen om boeke te verkoop nie!
Dinsdag 12 Junie 2012
Wat 'n vreemde maand
word dit nie. Voel soos 'n voëltjie wat uit 'n hok vrygelaat is,
verwar deur al die vryheid, hunkerend na die hok. Van begin laas jaar
af was Die blou van onthou my
'hok' – 'n lieflike blou hok, maar nogtans 'n hok – wat my
weerhou het van ander boeke lees, ander stories skryf, ander dinge
doen en dink. Nou's ek 'vry', terwyl ek wag vir die vertaling, en nie
seker wat om met soveel vryheid te maak nie.
Skryf
rubrieke vir Sarie
en stories vir Rapport, tob
oor volgende boekprojek en beplan promosietoer vir Oktober, het selfs
gister met 3 klasse van die Internasionale Skool in Manosque gaan
praat oor die Engelse vertaling van Hanna
Hoekom
wat hulle vanjaar as een van vele voorgeskrewe boeke lees. So ek bly
besig, maar...
Internasionale Skool, Manosque, Frankryk |
Ek bly
wagtend. Voel soos 'n swanger vrou in die negende maand. Alles is reg
maar die baba is nog nie daar nie. So 'n simpel cliché om die skryf
van 'n boek met die proses van swangerskap en geboorte gee te
vergelyk, maar dis natuurlik omdat dit so onweerstaanbaar waar voel
dat dit so 'n cliché geword het. Besef ek vanoggend weer.
Woensdag 23 Mei 2012 (Kaapstad)
Net voor ek vanaand
terugvlieg na my Franse huis, het ek die blye nuus gekry dat Annelize
klaar is met 'n eerste draft van die vertaling! Forget-Me-Not
Blues sal beslis die Engelse titel word. En Lien het die mooiste foto's
vir die omslag geneem! Weet nie hoe sy dit regkry nie. En Laura het
klaar 'n paar moontlike omslae vir ons gewys. Ek glo ek kan met 'n
geruste hart in die vliegtuig klim.
Sondag 20 Mei 2012 (Aurora)
Siel voel verkwik ná 'n
paar salige dae op Aurora se lang stoep met 'n uitsig tot anderkant
die ewigheid. Meestal met my proewe op die skoot, soms gesit en lees,
soms net gesit en staar en dink en droom, maar darem tog reggekry om
teen gisteraand deur die proewe te lees en die nodige korreksies aan
te bring.
Dit stres my altyd
om by hierdie stadium van 'n boek te beland, want dis amper die
allerlaaste kans om nog te verander en te verbeter, en tog het ek
ook al uit ondervinding geleer om nie teen die einde paniekerig te
word en te veel te probeer verander nie. Die moeilikste, miskien, is
'to leave
well alone'. Môre is ek terug in Kaapstad, dan oorhandig ek die dik
stapel aan Riana, en dan kan ek sugtend verklaar dit is volbring.
Wel, natuurlik nog nie heeltemal nie, nie tot die boek die dag in my
hande lê nie. Maar ons is darem amper daar...
Vrydag 18 Mei 2012 (Aurora)
Woensdag 16 Mei 2012 (Kaapstad)
Fotosessiedag. Waarna ek
erg opgesien het, maar wat toe op die ou end heel aangenaam
uitgedraai het. Die fotonemery wat so deel van elke nuwe boek en
promosietoer is, word vir my al hoe onlekkerder soos ek ouer word –
en tog wil ek ook nie 'kroek' en 10 jaar gelede se foto's gebruik
asof ek 'n ewig-jong Dorian Gray is nie.
Eintlik sou ek verkies dat
die nuwe boek se omslag fotoloos bly, ek bedoel sonder 'n foto van
my, dit skeel my nie watse ander foto's daarop gebruik word nie, maar
die bemarkingsmense glo baie sterk dat my boeke beter verkoop as my
gesig daarop verskyn, so. Die kompromis is dat hulle toe vir Lien
Botha gevra het om die foto's te neem. As daar één mens is wat
my op my gemak kan laat voel voor 'n kamera, is dit die liewe Lien.
Ons het die foto's
in 'n galery in die stad geneem waar Liza Grobler se 'blou'
tentoonstelling White Termite aan
die gang is, Lien se blink idee, met mure wat dieselfde
Griekse-Mexikaanse-Portugese blou geverf is as my kombuismure. Wat my
summier tuis laat voel het! Buitendien was ek teen daai tyd al goed
opgewarm, want vanoggend was daar ook 'n fotosessie in Johan Wilke se
ateljee in Obs, dié keer vir die voorblad van Vrouekeur
wat later vanjaar saam met 'n onderhoud oor my 'blou boek' sal
verskyn. Johan was baie nice en het die foto's vinnig geneem, maar o
jimmel, die make-up en hare en verskillende outfits het dekades in
beslag geneem.
Maar nou ja, nou's al die
fotosessies sommer op een dag afgehandel en ek het 'n hele lêer vol
promosiefoto's uit die deal gesscore. Nou ry ek Aurora toe met my
(dik!) stapel proewe in my tas om rustig by Pa se huis te gaan
werk...
Sondag 13 Mei 2012 (Franschhoek)
Lekker leesfees gehou, baie bekendes raakgeloop en nuwe boekvriende gemaak. Môre moet ek by WAT se kantoor op Stbosch foto's laat neem vir die Borg 'n Woord-projek waarvan ek van Oktober af as 'n soort 'beskermvrou' sal optree. Toe ek laas jaar ingestem het om my naam aan Borg 'n Woord te laat koppel, het ek nog nie geweet dat dit in Oktober vanjaar aangekondig gaan word nie. Nou voel dit soos 'n besonder lekker toeval, dat dit so saam met die nuwe roman se verskyning gebeur.
Woensdag 9 Mei 2012 (Parys)
Saam met sus in Parys voordat ek vanaand via Dubai na SA vlieg om te gaan boeke smous op die Franschhoekse leesfees. En 'n bietjie voorbrand te maak vir Die Blou van Onthou. Foto's wat geneem moet word, 'n paar onderhoude, planne vir die promosietoer in Oktober wat met die uitgewerspan bespreek moet word. Die boek begin nou waaragtig 'n werklikheid word. Ek sal nie gerus voel voordat ek die bladsyproewe gelees het nie – wat ek hopelik ook sal kan doen terwyl ek in die Kaap is. Nee. Ek sal hopelik darem ietwat meer gerus voel nadat ek die proewe gelees het, maar houtgerus, nee wat, dis 'n toestand wat my nog nooit voor die verskyning van enige van my boeke getref het nie.
Saterdag 21 April 2012
Nie verwag om so
blitsvinnig die finale gekorrigeerde ms van Riana terug te kry nie,
maar daar lê dit toe sowaar teen gisteraand in my Inbox. Weer 'n
keer deurgelees om 'n algehele indruk te kry. Voel versigtig
positief?
Presies 'n jaar
gelede het ek die 1ste 'herskryf' van die 1ste 5 hfstkke voltooi,
sien ek vanoggend toe ek terugkyk na hierdie blog. So
far so good, as the falling (wo)man said. Wel,
teen dié tyd het my valskerm darem al oopgevou - ons is selfs al besig om 'n omslag te ontwerp! - maar ek weet steeds
nie of dit 'n sagte landing gaan wees en of ek 'n paar bene gaan
breek as ek die harde grond tref nie. Weet mens ooit?
Thursday
Donderdag 19 April 2012
Net toe ek dog nou gaan
dit amper te goed om waar te wees met die laaste korreksies... toe
word dit te goed om waar te wees. Weens my tegnologiese onnoselheid
het ek iewers op iets geklik wat die hele editing-program beduiwel
het, al Francois se kantlynaantekeninge doodgetrek het en al my eie
kantlynaantekeninge heeltemal uitgewis het! Francois het probeer
verduidelik hoe ek dit kan probeer herstel, maar omdat my rekenaar
blerrie Frans praat, vind ek nie die funksies wat hy op hulle Engelse
name noem nie, en ek het ure en ure gemors en einde ten laaste
moedeloos opgegee en al my aantekeninge oorgeskryf, op die ms,
duidelik gemerk met blokhakies en my voorletters. Nou moet alles op
die laaste oomblik met die hand uitgewis word sodat dit nie per
ongeluk op die proewe beland nie!
Maar genoeg gekla. Dis
gedoen en laat gisteraand weggestuur, na Francois en Riana. Sela.
Sondagaand 15 April 2012
Hele naweek aan Colette se e-posse gewerk. Uitdaging is om Tina te antwoord sonder om die uitkoms van die storie vroegtydig te verklap. Die leser hoef slegs te weet Colette skryf aan 'n kleinkind wat een of ander iets soek in Portugal. Dit hoef nie duidelik te wees presies wie die kleinkind is of wat sy daar doen nie. Miskien wil sy daar gaan woon, miskien soek sy haar ma, miskien soek sy haar oupa. Dit moet beslis ook nie duidelik word wat sy vind of wat sy besluit om te doen nie. Dít moet die leser eers teen die einde vasstel.
En tog is ek verstom
hoe elkeen van Colette se antwoorde die krummels van 'n vorige hfstk
kan optel en dan nog krummels kan strooi om die leser tot by 'n
volgende hfstk te lei – asof ek dit van van die begin af so beplan
het. Tina se 'bevel' (speak
now or forever hold your peace)
wat Colette aan die trouformulier herinner net voor die hfstk oor
Ouboet se troue, om maar een voorbeeld te noem.
Donderdag 12 April 2012
En toe
gee Francois vir my die klein byltjie waarmee ek my pad deur hierdie
bos kan oopkap! Eintlik het hy 'n hele paar voorstelle gemaak, maar die
een oor e-posse het dadelik 'reg' gevoel. Waarom nie vir die bejaarde
Colette 'n paar e-possies laat skryf nie, om haar van die begin af as
verteller-soeker vir die leser te vestig, en terselfdertyd ook
rigting te gee aan haar herinneringe? Dat die spesifieke episodes wat
sy onthou, op 'n manier verantwoord word?
En
daar's 'n verdere voordeel, begin ek nou besef. As Colette se e-posse
gelees kan word as antwoorde op Tina s'n (wat heelwat later volg),
kry die leser nog 'n paar verlore stukkies van die legkaart. En so
word die sirkel dan heeltemal voltrek teen die einde. Toe ek weer na
Tina se e-posse kyk, sien ek daar's presies 9 wat beantwoord moet
word – en ek het presies 9 e-posse vir Colette nodig om tussen die
9 hfstkke van die 1ste afdeling te plaas. Mens sou sweer ek het dit
so beplan, nè.
Dalk
het my onderbewuste reeds iets geweet, toe ek Tina se e-posse geskryf
het, wat my verstand nog nie gesnap het nie. Hoeveel keer was ek nie
al verstom deur die werking van die onderbewuste gedurende die
skryfproses nie?
Dinsdag 10 April 2012
Tel steeds die ure
terwyl ek vir die gekorrigeerde ms wag. Om my aandag af te lei (en my
stres te verminder, helaas, vergeefs) begin ek oor my volgende
stories wonder. Altyd gesê die dag as ek by die finale afronding van
'n ms kom sonder dat ek reeds meer as een idee vir 'n volgende storie
het, sal ek weet ek moet ophou skryf.
Darem nog nie daar nie.
Ek kry lus om weer 'n jeug-verhaal te skryf. Dalk 'n opvolg vir Hanna Hoekom? Ek kry lus om weer 'n slag my rubrieke en persartikels bymekaar te bring in 'n bundel, aangevul deur nuwe skryfsels, iets in die lyn van Franse briewe en Die hart van ons huis. Ek kry selfs lus om weer na daardie onvoltooide toneelstuk in my laai te kyk, dit in iets veel kleiner met net 1 of 2 akteurs te verander. Nie 'n enkele aktrise nie, nie lus om 'n eenvrouvertoning te skryf nie, daar's heeltemal genoeg daarvan in omloop. Maar miskien 2? Of anders 'n draaiboek daarvan te maak?
En ek kry lus om 'n volwasse roman met 'n manlike hoofkarakter te skryf, glo dit of nie, die hele storie deur 'n man se oë te vertel. Dit het begin as 'n grap, omdat ek vir iemand gesê het soms word ek gatvol van 'vroueskrywer' wees, en toe skryf ek 'n spottende rubriek daaroor vir Potch se studentekoerant, wat ek dalk ook kan uitbrei om 'n rubriek vir Sarie te word. My slotsom was nee, ek sal eerder aanhou om 'net 'n vroueskrywer' te wees as om 'net 'n manskrywer' te word. Of so iets. Natuurlik tong in die kies. Maar nou's daar 'n saadjie in my kop geplant wat dalk net 'n baie aspris klein boompie kan word...
Darem nog nie daar nie.
Ek kry lus om weer 'n jeug-verhaal te skryf. Dalk 'n opvolg vir Hanna Hoekom? Ek kry lus om weer 'n slag my rubrieke en persartikels bymekaar te bring in 'n bundel, aangevul deur nuwe skryfsels, iets in die lyn van Franse briewe en Die hart van ons huis. Ek kry selfs lus om weer na daardie onvoltooide toneelstuk in my laai te kyk, dit in iets veel kleiner met net 1 of 2 akteurs te verander. Nie 'n enkele aktrise nie, nie lus om 'n eenvrouvertoning te skryf nie, daar's heeltemal genoeg daarvan in omloop. Maar miskien 2? Of anders 'n draaiboek daarvan te maak?
En ek kry lus om 'n volwasse roman met 'n manlike hoofkarakter te skryf, glo dit of nie, die hele storie deur 'n man se oë te vertel. Dit het begin as 'n grap, omdat ek vir iemand gesê het soms word ek gatvol van 'vroueskrywer' wees, en toe skryf ek 'n spottende rubriek daaroor vir Potch se studentekoerant, wat ek dalk ook kan uitbrei om 'n rubriek vir Sarie te word. My slotsom was nee, ek sal eerder aanhou om 'net 'n vroueskrywer' te wees as om 'net 'n manskrywer' te word. Of so iets. Natuurlik tong in die kies. Maar nou's daar 'n saadjie in my kop geplant wat dalk net 'n baie aspris klein boompie kan word...
Woensdag 4 April 2012
Só gehoop ek kry die
geredigeerde ms terug van Francois vóór die Paasnaweek - sodat ek
weer daaraan kan werk terwyl alles nog vars in my kop is - maar ek wil ook nie hê hy moet daardeur jaag nie, daarom het ek hom vandag laat weet ek gee nie om om nog 'n week te wag nie.
Intussen het hy laat weet hys stééds nie oortuig dat die eerste
deel so goed is soos dit kan wees nie en hy wonder of ek nie Colette
se Portugese joernaalinskrywings moet terugskuif na die einde van die
1ste deel waar dit aanvanklik was nie?!?
April beteken die kersiebome agter ons huis begin bot |
Nou moet ek die langnaweek
gebruik om diep en deeglik te besin oor hoe ek Colette se deel kan
verbeter. Maar teen hierdie tyd is my hande in my hare. Natúúrlik
kan dit beter wees, álles kan áltyd beter, maar hóé kry ek dit
beter?!? I can't see the forest for the trees. Ek sien nie meer die
hele storie nie, ek sien net woorde, woorde, woorde. Verdwaal in my
eie woorde, dis hoe ek voel. Grietjie in 'n bos van woorde.
As Francois nie met 'n
praktiese voorstel vorendag kan kom nie, weet ek waaragtig nie hoe ek
ooit uit hierdie bos gaan ontsnap nie, behalwe as ek alles om my
begin afkap, en só wanhopig is ek darem nog nie.
Vrydag 30 Maart 2012
Ek's te bang om dit hardop
te sê en nog meer om dit te skryf, netnou jinx ek als, maar ek moet
dit tog hier op papier fluister, so alles in een asem:
ekdinkditwerkdiékeer. Toe nou, Marita, bietjie meer moed. Goed: Ek
dink dit werk dié keer. Redakteur meen die ms lees nou soos 'n droom
en die redigeerder het laat weet hy voorsien nie te veel verdere
veranderinge nie, behoort binne 'n week die ms vir my terug te stuur
vir die laaste korreksies. En albei meen die vertaler kan maar begin
vertaal...
Dis tog heerlike nuus, is
dit nie? Nou hoekom is ek dan so blerrie bang?!? Seker maar omdat die
klaarkry van 'n ms my altyd laat voel asof ek my vel verloor het,
asof ek 'n ruk lank so velloos en weerloos moet rondloop tot ek weer
'n nuwe vel kry, en dis nou eenmaal nie lekker om sonder vel te lewe
nie. En die hemel hoor my, dit word nie makliker ná verskeie boeke
nie. Inteendeel.
Intussen het die eerste
voorstelle vir omslae reeds gekom. Ek dink ons het die Engelse
omslag. Oor die Afrikaanse ene, wat duurder kan wees omdat die oplaag
groter is, huiwer ons nog. Maar dis altyd opwindend om te sien hoe 'n
ms oplaas 'n boek begin word, 'n voorwerp wat op 'n boekrak kan staan
eerder as net 'n klomp woorde op 'n rekenaarskerm, en dis nou aan die
gebeur. En dit help darem ook om my minder velloos te laat voel.
Woensdag (douvoordag) 21 Maart 2012
Nou het ek gedoen wat ek
kan doen aan die ms, chronologie verander en volgordes van hfstke
omgegooi, geskrap en geskuur en selfs 'n bietjie bygeskryf ook. Meer
uitgehaal as bygelas, darem, baie streng met myself gebly om die ms
dunner eerder as dikker te maak. En nou gaan ek dit vir Riana stuur.
Nóú. So kom ons om so kom ons om so kom ons om.
Met elke boek wat ek nog
gepubliseer het, kom daar 'n oomblik vóór publikasie wanneer ek
voel of ek absoluut hoegenaamd géén oordeel meer het oor wat ek
geskryf het nie. Wanneer ek so opgeslurp is deur die teks dat ek nie
meer soos die skrywer daarvan voel nie, maar eerder soos een van die
karakters in die teks, dat ek niks meer kan behéér nie, dat ek nou
my arms moet oopvou en alles laat gaan. Dis waar ek nou is. Jy maak
nooit klaar met 'n roman nie, you have to abandon it. Soos Elsa
Joubert baie jare gelede vir my gesê het. I'm now abandoning this
one.
Natúúrlik sal ek steeds
daaraan werk nadat die redakteurs dit weer gelees het. Maar ek het
nou leiding nodig. En ek is so poegaai ek hoop met my hele hart dat
daar nie té veel verdere werk nodig sal wees nie.
Sondagaand 18 Maart 2012
Nog Woordfeeskiekies - Karin en Terry |
Laaste aand van Woordfees saam met Melt geëet |
Soos ek nou weer kan getuig. Van ek vandeesweek van die Woordfees teruggevlieg en voor my rekenaar kom sit het, het ek nog nie weer opgestaan nie. Of so voel my arme boude. En my seer rooi oë. Werk, suster, werk. Vergeet van klaarkry met lekkerkry. Al wat nou oorbly, is swaarkry.
Subscribe to:
Posts (Atom)