Thursday

Saterdag 6 Augustus 2011

Dit was my toe nie beskore om 'n volle week ononderbroke aan my roman te skryf nie. Gister moes ek tydskrifrubrieke afhandel en 'n spul korrespondensie hanteer oor ons ou huis wat ons steeds desperaat probeer verkoop. En ander administratiewe nagmerries. En Maandag en Dinsdag sal ek nie kan werk nie, want ons moet vir Mia by haar maatjie se vakansiehuis in die Pyrennees gaan haal. Een dag se ry soontoe, nag oorslaap, een dag terug.

Dis die slegte nuus.

Die goeie nuus is ek is klaar met 1976 se hfstk. En ek dink dit werk. Wéét nooit met absolute sekerheid nie, maar dink tog so.

Nog slegte nuus is ek vermoed 1977 gaan nóg moeiliker as 1976 wees. Dis hier waar Nandi se pa doodgaan en sy ontdek haar ma se ou Portugese reisjoernaal. Dis 'n turning point in die storie, moontlik dié turning point.

No comments:

Post a Comment