Thursday

Woensdag 11 Januarie 2012


Feesseisoen  in die Champs Elysées
Vroegoggend voor die Louvre
Parys was 'n droom en nou werk ek aan 'n hfstk waarin die karakter voel asof sy in 'n droom vasgekeer is. Hoop om vanoggend klaar te maak met Tina se hoogsomerdroom-gradedag. 

As 'n storie eers so ver soos hierdie een gevorder het, gebeur die onverklaarbaar-ste dinge daagliks in my onderbewuste – toeval, drome, alles begin net kliek soos 'n kombinasieslot wat oopgesluit word. Klein voorbeeldjie: Bob Dylan se It's not dark yet draai die afgelope week aanhoudend deur my kop, die duiwel alleen weet waarom, dus kon ek nie anders as om dit by die gradedag-hfstk in te werk nie. 

En toe speel ek gister op internet rond om my geheue te verfris oor wat alles in 2006 in SA en die wêreld gebeur het, en daar kom ek af op 'n verwysing na probleme by die Koeberg-kernkragsentrale en die load shedding en rolling blackouts wat die Wes-Kaap getref het en toe onthou ek natuurlik van die kragonderbrekings wat die hele land in daardie jare ervaar het en toe ek weer sien, toe's Tina se ma besig om die dots te connect tussen Dylan se It's not dark yet en SA se kragonderbrekings. Nie so beplan nie. Net gebeur. Hoeveel keer het ek dít nou al oor hierdie teks gesê?

No comments:

Post a Comment