Thursday

Woensdag 1 Februarie 2012


Van ek terug is van Portugal skryf ek soos 'n besielde aan die laaste hfstk waarin Tina uit Portugal vir haar ouma e-posse stuur. Terwyl Portugal nog vars in my kop is. Maar intussen het my sperdatum aangebreek – begin Feb het ek vir Riana gesê – en ek voel soos Aspoestertjie wat die 1ste slag van die 12 slae van die klok hoor en tog so vreeslik graag nog vir oulaas 'n bietjie wil dans. Skryf vir al wat ek werd is bedags om die ms klaar te kry, lees vir al wat ek werd is snags om die hele ms van voor tot agter te korrigeer.

My vriend Agualusa was ook laas week, terwyl ek by hom gekuier het, besig met 'n laaste hfstk. Wat hy vandag klaar gemaak het - terwyl ek voel of ek nooit gaan klaarkry met hierdie eindelose laaste hfstk nie. Wáárom is dit so moeilik? Is dit die vrees vir 'letting go' wat met elke boek erger word? Ek skryf en skryf en skryf en dit voel al hoe meer soos 'n nagmerrie waarin ek dieselfde sin oor en oor en oor skryf.

No comments:

Post a Comment