Thursday

Vrydag 20 Januarie 2012

Skielik besef nou kan ek nie verder vorder op internet nie, hoe wonderlik internet ook al is, nou moet ek weer 'n slag in Lissabon uitkom. In lewende lywe. Om feite na te gaan, om plekke te besoek waaroor Colette geskryf het en wat Nandi besoek het en wat Tina weer sal besoek, om besiel te word vir die laaste hfstk waar Tina uit Portugal vir Colette sal skryf.

Gou vir my 'n goedkoop vlug vir Dinsdag die 24ste opgespoor en my skrywersvriend Agualusa gekontak om te hoor of hy weer soos laas vir my gids kan speel. Wonder bo wonder is hy volgende week in Portugal en nie soos gewoonlik reisend nie. Nog beter, hy nooi my uit om by hom oor te bly en bied aan om vir my name te kry van azulejos-kenners met wie ek kan gesels. 


Ek sleep my hele ms saam, dalk kry ek 'n kans om alles te begin oorlees, iets wat ek in elk geval binne die volgende week of 2 moet doen. Kan dit net so goed in Portugal begin doen, as't ware 'op die toneel van die misdaad'. Hoewel ek so 'n lang lys van teëlplekke het wat ek in Portugal wil besoek dat ek twyfel of ek enigsins kans gaan kry vir lees...

No comments:

Post a Comment