Thursday

Dinsdagaand 6 Desember 2011


Amper 12 ure aanmekaar, ongesteurd, alleen in die huis gewerk! Wanneer laas het dít gebeur?!? Wie weet wanneer dit ooit weer sal gebeur?!? Alain se permitlose kar ry weer (tot dit oor 'n paar dae weer nie wil ry nie), dus kon hy vir Mia skool toe neem; Daniel is vroeg vanoggend terug na Grenoble; Mia het 'n klaskaptein-vergadering ná skool gehad tot 7.30 vanaand en Alain het besluit in daardie geval sal hy ook laat werk tot hy haar kan terugbring. Wat beteken ek kon skryf soos 'n enkelvrou. Heeltemal in 'n frenzy gegaan en omtrent 10 sigarette gerook. (Na ek opgehou het! Maar in my enkelvrou-dae het ek ook mos my longe uitgerook as ek so 12 uur aanmekaar skryf. Is dit 'n verskoning? My keel is seer gerook, dus sal ek more maar weer moet ophou.) Maar dit was alles die moeite werd want ek het die 1995-hfstk klaar gekry, glory hallelujah.

En ondanks die sukkelende begin, het dit teen die einde al hoe makliker gevloei, tot by die laaste para wat soos manna uit die hemel op my rekenaarskerm geval het. G'n gewroeg oor die slot nie, for once. Waarom is dit soms so uitmergelend moeilik en soms so, wel, amper maklik? 'Amper' being the operative word. Al skryf ek tot ek 100 jaar oud word, sal dit seker nooit net doodgewoon maklik word nie.

Anders gestel, as dit die dag maklik word, sal ek weet dis tyd om op te hou.


No comments:

Post a Comment