Thursday

Woensdag 29 Februarie 2012


Vlieg vanaand Kaap toe. Met my (swaar!) hersiene ms in my handbagasie. Die ander rede hoekom ek dit moet saampiekel, selfs al gaan ek vermoedelik nie tyd kry om dit deur te lees nie, is omdat ek lankal vir die organiseerders van die Woordfees laat weet het dat ek tydens my amptelike optrede by Knorhoek 'n uittreksel uit die nuwe roman sal voorlees. 'n Soort scoop, want die enigste ander plek waar ek nog daaruit voorgelees het, is in Amsterdam laas jaar. Nog nooit in SA nie.

Maar met dié dat ek nou taamlik aan die affêre getorring het, is ek onseker oor wát om voor te lees. Is nogal lus vir 'n stukkie uit 1966, teen die agtergrond van Verwoerd se moord, maar dis ook een van die hfstke wat ek heelwat verander het die afgelope week, en ek wil nie iets lees wat verder vorentoe nog verder sal verander nie. Die hele punt is tog om vir die gehoor 'n voorsmakie van die boek te gee en om hulle reaksie op hierdie voorsmaak te toets. So ek weet nie, ek weet rêrig nie, ek kan maar net hoop die dae wat kom, sal helderheid bring.

No comments:

Post a Comment