Thursday

Woensdag 5 Oktober 2011

Oor die naweek het ek Deel 3 geplot, in watter jaar ek elkeen van die tiental hfstke wil plaas, min of meer wat wanneer moet gebeur, ens. Maar ook besef ek moet terugkeer na die slothoofstuk van Deel 2, want ek moet nog 'n stukkie info oor Nandi/Nanda se naam inwerk, asook die feit dat sy haar ma se reisjoernaal saamneem Europa toe met die plan om een of ander tyd haar ma se spore deur Portugal te volg. Dis belangrik, want teen die einde van Deel 3 sal die volgende karakter, Tina, ook met dieselfde reisjoernaal in Portugal wees, om die spore van haar ouma én haar ma na te loop.

Intussen lees ek ook weer my ou dagboeke en briewe, trek darem nou al by die laat jare 90, ter voorbereiding van hierdie laaste deel wat in die jare 80 en 90 afspeel. Tel aanmekaar lekker bruikbare brokkies op, stukkies inligting waarvan ek lankal vergeet het, soos dat die algemene verkiesing in 1989 in die Ou Wit SA op 6 September gehou is – presies 23 jaar nadat Verwoerd vermoor is, now ain't that something  – en dat Menseregtedag in 1995 - 21 Mrt, om Sharpeville te gedenk, dalk die 1ste keer in die geskiedenis van die land? - ook die dag was toe koningin Elizabeth 2 weer vir die 1ste keer sedert 1947 voet aan wal gesit het in Kaapstad. 

Die aankoms van die Royal Britannia is regstreeks op TV gewys en die skare in die hawe het mal gegaan. The more things change, nè. Maar dié keer is sy darem deur 'n swart president verwelkom.

No comments:

Post a Comment