Thursday

Woensdag 14 September 2011

Jogaklasse begin weer vanaand, nog 'n teken dat die lang somervakansie eindelik verby is, en ek sien uit daarna om weer 'n slag op 'n mat te lê en aan niks behalwe my asemhaling te dink nie. Hoewel ek vermoed dit gaan moeilik wees om hierdie storie uit my kop te kry terwyl ek daar lê. 

Dit het my 'n volle week gekos om die begrafnis-hfstk (1980) te skryf, want ek moes die hele grote familie weer 'n slag identifiseer, maar 'n uur gelede het ek die laaste sin geskryf en dadelik begin plot aan die volgende hfstk oor Nandi se swangerskap in 1982. I'm on a roll! As dit so voorspoedig verder verloop, touch wood, behoort ek teen die einde van die maand klaar te wees met die tweede van my 3 afdelings!

No comments:

Post a Comment