Thursday

Woensdag 7 Maart 2012 (Stellenbosch)

Radio-onderhoud  by Woordfees
Ek hét toe vanmiddag op Knorhoek die 1966-stukkie voorgelees en dit het goed afgeloop. Sug van verligting. Ek en Riana (wat die amptelike onderhoud met my gevoer het) het sommer ook die kwessie van 'n geskikte titel op 'n spelerige manier vir die gehoor gegooi. Hulle gevra om ons te help soek, en heelwat interessante voorstelle gekry, maar nog nie een wat daardie noodsaaklike kliek in die kop laat gebeur nie. Al 4 my buitelesers het gevoel 'Wat jy onthou' werk nie as titel nie, en allerhande ander titels voorgestel wat weer nie vir mý gewerk het nie. Ek wil bitter graag die woord 'onthou' in die titel behou, weens daardie dubbele betekenis waaroor ek vroeër al geskryf het, maar ek hou my gemoed oop vir enige ander moontlikhede.

No comments:

Post a Comment