Thursday

Vrydag 28 Oktober 2011 (New York)


Die tydjie in die VSA is al amper weer verby, en ek het helaas bitter min tyd gekry om doelbewus aan my storie te plot. Maar so tussen al die uitstappies in New York dink ek aanhoudend aan die volgende hoofstuk en berei my geestelik voor om weer in alle erns te begin skryf die oomblik as ons vliegtuig volgende week in Frankryk land. Nou nog net eers Halloween in Washington gaan vier...

Dis nou al amper 'n maand dat ek niks verder vorder nie, net oorskryf en byvoeg en doodtrek, en die deel wat reeds voltooi is, begin amper soos iets in die verre verlede voel. Dis 'n weird gevoel, maar dis tog wat ek wou hê? Om minder subjektief te wees as ek dit weer 'n keer lees? Maar ek gaan daardie weer lees eers nog uitstel, eers nog 'n ent vorder met die volgende deel, want ek strewe steeds na - wel, nee, ek kan nie sê ek strewe na objektiwiteit nie, dis nie moontlik om objektief te wees oor iets wat jy uit jou eie binnegoed moet voortbring nie - so kom ons sê maar net ek mik na 'n skaduwee van 'n onafhanklike oordeel. 

No comments:

Post a Comment