Thursday

Vrydagnag (laat) 13 Januarie 2012

Lankal by die punt van kannie-omdraai verby. Nou by die veel meer pynlike punt van kannie-ophou-nie. Noudat die einde in sig is, kan ek nie ophou om aan die storie te werk nie. Nie saans nie, nie naweke nie, waarskynlik nie eens in my drome snags nie. As ek soggens my oë oopmaak, dink ek aan narratief of dialoog, en terwyl ek saans aan die slaap raak, is my laaste gedagte hoe ek al die los drade in die laaste hfstk vasgeknoop gaan kry. Ek's halfpad deur hfstk 30, 2007, waar Tina haar verlore familie ontdek, en dis só moeilik om alles te sê wat gesê moet word in die beperkte spasie van 'n enkele hfstk.

No comments:

Post a Comment