Thursday

Maandag 22 Augustus 2011

Dis gedoen. Nandi het haar ma se ou reisjoernaal tussen haar oorlede pa se papiere ontdek. En ná ek die hele toneel klaar geskryf het, Nandi in haar pa se studeerkamer en die gesprek wat sy met Sina voer, het ek skielik besef dit was dalk my laaste kans om die nodige inligting oor Kolletjie se onbekende Italiaanse pa ook by die storie in te werk.

Toe moet ek die toneel wéér takel. Bang gewees die hfstk word te lank as ek die gesprek tussen Nandi en Sina verder uitbrei, maar tot my verrassing was daar eintlik net 'n paar bykomende sinne nodig. Nou het ek die storie van die 2 onbekende pa's met mekaar verbind, die Italianer en die Portugees, en ek kan die draad later verder deurwerk. Voel tevrede. Sulke klein oomblikkies van tevredenheid tussen al die swoeg en wroeg, dalk is dit al waaroor skryf eintlik gaan.

No comments:

Post a Comment