Thursday

Dinsdag 24 Januarie 2012 (Lissabon)


Lieflikste sonskynweer in Lissabon. Besoek die kerk en die kapel van Sao Roque waar Colette en Fernando se storie begin het. Neem foto's daar en oral, veral van teëls, teëls, teëls. Drink koffie langs die bronsbeeld van Pessoa by Cafe A Brasilheira in die Chiado-distrik en verkyk my aan al die toeriste wat langs die arme lanklydende digter kom poseer. Lees glad nie my ms nie, dié lê steeds in my tas by José se huis in die Lapa-distrik, maar iets meer gepas: José Saramago se The Year of the Death of Ricardo Reis. Presies die gidsboek wat ek nodig het vir hierdie verkenning van Lissabon. Die fisieke stad, die strate en pleine, maar ook die stad van die gees, die ruimte van die verbeelding, die plek van Pessoa en Ricardo Reis en al die ander name waaronder Pessoa geskuil het.


No comments:

Post a Comment